BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 318

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die daad self gee nie die deurslag nie, maar die wil 6036 Die daad self gee nie die deurslag nie, maar die wil wat aan hierdie daad ten grondslag lê. 'n Goeie wil kan 'n daad verrig wat vir ander ‘n seënryke uitwerking sal hê. Maar daar kan ook 'n bose wil ten grondslag lê aan 'n daad wat deur die oë van die medemens as goed gesien word. Slegs die wil word deur God gewaardeer. Tog moet die verstand van die mens elke daad oorweeg. En die mens wat van goeie wil is, sal dan insien of hy reg of verkeerd handel. Maar die mens wie se wil goed is, sal ook 'n daad agterweë laat wat hy as teen sy wil sien. Die mens moet bid dat sy denke korrek sal wees. Slegs die mens wat 'n goeie wil het, sal dit doen, maar hy sal ook nooit 'n daad doen wat 'n bose uitwerking op sy medemens sal hê nie. Julle het weliswaar 'n vrye wil, daarom word julle nie gehinder met wat julle ookal beplan of doen nie. Julle sal egter verantwoording moet doen vir julle dade en daaraan moet julle dink. Dan sal julle nie ligsinnig handel nie. Julle sal gewetensvol te werk gaan en altyd die gebooie van God as rigsnoer neem en sal ook nie sondig nie. Want hierdie gebooie skryf aan julle jul lewenswandel op aarde voor. En as al julle denke en handel deur die liefde tot God en die naaste bepaal of gelei word, dan sal julle aardse bestaan net 'n seënryke uitwerking op jul medemens hê. Want die liefde skakel alle dwaling uit, omdat die ware liefde ook die gees verlig en 'n korrekte denke waarborg. Dus sal julle moet nagaan of 'n daad wat julle wil doen, die liefde tot beweegrede het en dit eers doen, wanneer die liefde vir God en die medemens julle daartoe bring. Dan sal dit goed wees en hoef julle nie 'n verantwoording te vrees nie. Maar sonder liefde sal daar altyd die gevaar wees dat julle sal sondig. Want sonder liefde is die wil nie goed nie. En wat julle dan sal doen, sal ook in ooreenstemming daarmee sy uitwerking hê. Want julle sal wel julle medemens om die bos kan lei, maar nooit vir God wat in julle hart insien nie. Die lof van jul medemens moet julle nie tot dade verlei wat nie voor God kan standhou nie. Slegs liefde maak 'n daad waardevol en die liefde sal ook altyd korrek handel. Die liefde sal wil help en elke hulpvaardige daad is vir God welgevallig en sal deur Hom geseën wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205