BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 321

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die ingesteldheid van die wêreldse mense teenoor die evangelie 6041 Die wêreldse mense sal julle nie kan verander nie, al het julle nog soveel kennis tot julle beskikking. Hulle erken dit nie en volhard in hul ingesteldheid teenoor die lewe en teenoor God. Om die wêreldse mense die evangelie te bring, sal eers sukses hê wanneer hulle ingesien het dat hulle hul slegs die verganklike ten doel stel en dat al hul aardse strewe vir hul nutteloos voorkom. Dan sal julle woorde ook weerklank vind en hulle tot nadenke stem. En dan bestaan daar ‘n moontlikheid dat hulle kan verlang na duursame besit en dat hulle hulleself ernstig sal besighou met die toestand na die dood. Daarom is dit dikwels seënryk wanneer sulke mense deur groot verliese getref word, wanneer hulle die verganklikheid van aardse dinge en ook van die mens self, voor oë gestel word. ‘n Skynbare ongeluk wat die mense van hul besittings beroof, is heel dikwels juis die omstandigheid wat in ‘n mens die verandering van sy denke teweegbring en dit in heel ander bane lei. En juis in die eindtyd moet hierdie drastiese middel dikwels aangewend word. En daarom sal daar nog baie mense wees wat aansienlik getref sal word. Moontlikhede van aardse suksesse sal verdwyn. Die skielike dood van medemense sal smart en ontsteltenis teweegbring en natuurrampe en ongevalle sal aardse besittings verwoes. Op alle maniere sal die mense die verganklikheid voor die gees gestel word van dit wat hulle begeer en wat hulle as aardse doel stel. En enkeles sal daaruit leer. Hulle sal hul aardse inspanning opgee en hul krag slegs gebruik om geestelike resultate te behaal. Daar sal egter steeds maar min wees, omdat die heer van die wêreld die ander verblind en hul begeerte prikkel, sodat hulle nog meer ernstig aardse skate sal najaag en ook deur hom ondersteun sal word, hoe meer hulle sy eiendom geword het. Om aan hulle die evangelie te bring, sal geen vrugte afwerp nie. Maar dit gaan oor die weiniges wat nog gered kan word en daarom moet daar oral pogings aangewend word, veral in tye waarin die verval en die verganklikheid duidelik sigbaar raak. Want dit gaan maar net daaroor om die blik van die mense van die materie af te wend en op die geestelike te rig. En dit is moontlik as hy deur verliese van welke aard ookal getref word. En in die komende tyd sal die mensdom nog erg geskok word, want daar moet nog baie van haar weggeneem word, sodat sy kan leer om die waardeloosheid in te sien van dit wat haar hele denke en strewe volledig in beslag neem. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205