BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 322

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Uur van die dood sonder vrees - Gereedheid 6042 Wees altyd gereed om julle aardse lewe vir ‘n lewe in die geesteryk te ruil, dan sal die uur van oorgaan vanaf hierdie aarde nie vir julle as ‘n verrassing kom nie, dan sal julle dit ook nooit hoef te vrees nie. Met alles wat julle dink en doen, vra julleself altyd af of dit reg is in My Oë, dan sal julle bewustelik lewe en werk aan julle siele. Julle sal dus lewe vir die Ryk hierna en die Ryk hierna sal vir julle die ligryk wees, waarvoor julle graag julle aardse lewe sal opgee, omdat die ligryk julle ware Vaderland is. As al julle mense dit tog alles kon begryp, dat julle slegs ’n lewe van beproewing lei op hierdie aarde, dat dit nie die eintlike lewe is nie, maar slegs ‘n voorbereiding vir die eintlike lewe en dat julle daarom altyd net julle aandag daarop moet vestig om goed daarvan gebruik te maak. Maar julle beskou slegs die aardse lewe as belangrik en julle gee te min aandag aan die eintlike lewe in die geestelike Ryk, wanneer julle tenminste aan so ’n lewe sou glo. Julle gebruik al julle krag vir heeltemal onbelangrike sake en berei julleself nie genoeg voor op die lewe wat voor julle lê nie. Die uur van die dood sou vir julle mense tot uur van verlossing moes geword het, waarin julle jul aardse kleed sou aflê om lig en vry in die Ryk van vrede en saligheid in te gaan. Julle sou bewustelik en bly die uur tegemoetgaan en sou die aardse lewe graag opgegee het om dit in te ruil vir ‘n baie beter lewe. Maar julle sou hierdie bewustheid eers besit het, indien julle in die ware lewende geloof ‘n lewe in navolging van Jesus gelei het, omdat julle dan eers duidelik die doel van julle lewe op aarde en julle bestemming sou insien, omdat julle dan eers op hoogte sou wees van alle samehang en dus ook van ’n vry en geluksalige lewe in die geestelike Ryk. Dan sou julle gees gewek gewees het en dan sou julle maar weinig waarde geheg het aan die lewe op aarde en bewustelik gestreef het na die lewe in die geestelike Ryk van lig en geluksaligheid. Julle word wel daarin onderrig maar julle sal dit eers as waarheid aanvaar wanneer die liefde ‘n lig binne-in julle aangesteek het. Dus sal julle eers in liefde moet lewe. Dan sal julle ook nie die dood meer vrees nie, want dan sal julle reeds die verbinding met die geesteryk hê, dan sal daar van hier so baie hande na julle uitgestrek word om julle te lei tot aan die einde van jul lewe. En dan sal julle elke dag op aarde lewe volgens My Wil. Dan sal julle jul voorberei op ’n gelukkige afloop en die uur van julle afskeid van hierdie aarde sal vir julle die ontwaking tot ’n lewe in lig en heerlikheid wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205