BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 323

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Onmeetlike lyding van Jesus Christus 6045 Wat Ek vir julle verduur het, sal julle nie in volle omvang kan besef solank julle op aarde is nie. Maar eens sal dit vir julle duidelik word en dan eers sal julle My oneindige Liefde verstaan, Wie die offer vir julle gebring het om julle te verlos uit die nag van die dood. Dit was wel die werk van een Mens en julle mense beskou daarom “My offerdood” aan die kruis as 'n daad van menslike fanatisme, as julle nie in die taak van die Mens Jesus glo nie, of as 'n daad van genoegdoening vir die mensdom, wat die totale krag en oortuiging van 'n Mens vereis het. Maar julle weet nie waar die Mens Jesus hierdie buitengewone krag vandaan gehaal het nie. Julle weet nie dat dit die Oneindige Liefde was wat Hom tot die offer in staat gestel het nie en dat Hy slegs deur die Liefde 'n oormaat van lyding op Hom kon neem. En Hy het die lyding vrywillig op Homself geneem om die groot sondeskuld van die mense tot niet te maak. Die uiterlike vorm van die Mens Jesus, in wie Ek My beliggaam het, het Hom bereid verklaar om bomenslike kwellings te verduur, omdat die Liefde Hom vervul het, omdat Ek Self as die ewige Liefde alles vir julle wou verdra, wat julle andersins, as gevolg van julle sonde, self sou moes verdra het vir ewighede lank. Die Liefde vir julle, My skepsels wat van My afgeval het, kon ook deur julle afval nie minder geword het nie. En daarom het Ek hierdie enigste weg gevind om julle weer terug te wen: My Liefde wou julle skuld skrap en daarvoor Self boete doen, wat egter net moontlik sou wees indien hierdie Liefde Haarself in 'n Mens kon beliggaam, sodat hierdie mens alle lyding op Hom kon neem wat julle mense self sou moes verduur ter wille van julle sondes. Op julle mense het die dood gewag. Julle het in vrye wil julle lewe verspeel. En hierdie dood moes 'n Mens vir julle verduur, indien julle weer tot lewe gewek wou word. Hy het Sy lewe vir julle gegee, om julle weer die lewe terug te gee. En die Liefde vir julle, wat oorgroot was, het Hom daartoe gedryf. Want Ek - as ewige Liefde - was Self in Hom. En die Krag van die Liefde het die Mens Jesus daartoe in staat gestel om die ergste pyne te verduur en bewustelik die dood in te gaan. Maar welke kwellings Hy moes deurstaan het, watter geestelike en liggaamlike leed Hy verdra het, sal julle mense nie in volle omvang kan besef nie. Want Hy het nie vir een mens gesterf nie, maar vir almal. En Hy het die sondes van alle mense op Sy skouers geneem. Hy het geboet vir alle mense en daarom was Sy lyding bomenslik en sal alle voorstellings oortref wat julle van sy lyding en sterwe kan maak. En dit alles sal vir julle eendag duidelik word. Wat julle nou nog nie kan verstaan nie, dit sal julle eens tref as 'n buitengewoon helderder straal, wat julle teen die grond sou slaan, as My oorgrote Liefde julle nie sou vashou en hierdie insig vir julle tot geluksaligheid laat word nie. Tot 'n geluksaligheid wat lofprysing en dank en vurige wederliefde in julle sal ontsluit, omdat julle nou eers die soenoffer - die verlossingswerk van My Liefde en Erbarming - in sy volle omvang sal kan besef. Maar hierdie ligstraal kan julle nie tref, alvorens julle in die ryk hierna 'n bepaalde graad van volwassenheid bereik het nie, wanneer die verlossing deur Jesus Christus in julle voltrek is, wanneer julle vergifnis van alle skuld verkry het deur die lewende geloof in Hom, wanneer julle dus vry van alle skuld in My Ryk sal kan vertoef en deur My Liefdeskrag deurstraal word. Solank julle mense nie verlos is nie, is ook die kruisdood van die Mens Jesus vir julle nie van groter betekenis as die dood van enige ander mens nie, omdat julle geen voorstelling vir julleself sal kan maak van die onmeetlike lyding nie, waarvan die rede die groot sondeskuld van die hele mensdom was. Maar eendag sal hierdie insig 'n groot indruk op julle maak, wat hierdie Mens vir julle gedoen het, Wie My Sy liggaam as woning gegee het, sodat Ek Self - die Liefde - julle mense kon verlos van die ewige dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205