BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 324

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

“Trek terug in julle binnekamers” 6050 Onttrek in julle binnekamer wanneer julle wil bid, want slegs in die stilte kan julle die verbinding met My vind, slegs in die stilte sal julle julleself so innig met My kan verenig, dat Ek julle stem sal kan hoor, dat julle gebed in gees en waarheid op My gerig sal wees. En selfs wanneer julle in erge nood verkeer, wanneer julle te midde van mense vertoef, of van buite af erg in die noute gedryf word, dan sal julle julleself vir enkele oomblikke moet afsonder van julle omgewing. Julle sal My kort, maar innig, moet aanroep en Ek sal julle hoor en verhoor – want Ek wil julle hart hoor praat en nie slegs julle mond nie. En daarom moet julle in die kamertjie van julle hart gaan, julle moet uit die wêreld terugtrek en van alles wat julle aandag sou kon versteur. Julle moet alles vermy wat die oog prikkel, wat so 'n indruk op julle maak dat julle gedagtes van My afgelei kan word. Julle moet julle heeltemal afsluit van alle indrukke van buite. Julle moet terugtrek in die stilte en julle gedagtes op My rig. Dan eers sal julle in gees en Waarheid kan bid en dan eers sal julle as kinders na die Vader kan kom en al julle probleme aan My toevertrou. En dan sal julle Vader altyd bereid wees om te help. Julle gee dan self aan julle gebed krag, julle bepaal self die vervulling van julle versoeke, want as julle met My praat soos 'n kind met sy Vader, kan Ek julle geen wens weier nie en dan sal julle verseker wees van My hulp. Maar as die woorde slegs deur die mond gevorm word en al gebeur dit selfs ure lank, bereik dit nie My oor nie, dit sterf ongehoord weg, want ’n gebed van hierdie aard het geen krag nie. So 'n gebed is vir My ‘n gruwel. Dit is dus aan julle self oorgelaat of julle gebede verhoor sal word, want Ek het julle belowe dat Ek julle sal gee wat julle van My vra. En My Woord sal ook vervul word. Maar Ek gee slegs ag op wat julle hart uitspreek. Maar julle glo dikwels dat julle genoeg gedoen het deur die gebabbel met die mond en is dan teleurgesteld wanneer julle gebede nie verhoor word nie. Trek terug in die binnekamer van julle hart en praat dan sonder skroom en vol vertroue met My en julle sal vervulling kry. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205