BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 326

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die weg van navolging van Jesus 6053 Die weg wat julle gaan, moet die weg wees van die navolging van Jesus. Julle moet Hom tot voorbeeld neem, julle moet lewe op aarde soos Hy vir julle die voorbeeld gestel het, julle moet ‘n lewe in liefde lei en ook die leed wat julle opgelê word, berustend op julle neem, sodat julle siele ryp kan word. Die mens Jesus het julle voorgegaan op die weg, om welke rede julle Hom nou sal kan volg en julle dan ook verseker julle doel sal bereik, naamlik om terug te keer na die Vader van Wie julle eens uitgegaan het. En Jesus het julle hierdie weg laat sien, deurdat Hy julle die gebooie van die liefde tot God en die naaste gegee het, waardeur julle, deur hierdie na te lewe, die weg sal gaan waardeur julle Jesus navolg. Maar daarvoor is julle wil nodig en ‘n oorwinning oor julleself, ‘n ter syde stelling van die eie wense en begeertes en om die naaste te help wanneer hy hulp nodig het. Die liefde moet in julle ontsteek word, anders kan die doel nie bereik word nie, naamlik die vereniging met God, Wie Self die Liefde is en daarom ook slegs deur die liefde verkry kan word. Die mens Jesus was vervul van Liefde tot Sy medemens en daarom kon Hy Homself ook met God verenig, Hy kon die ewige Godheid in Homself opneem, Wie Hom slegs kan verenig met ‘n mens wat hom tot liefde gevorm het. En slegs dit is die sin en doel van die mens gedurende die aardse lewe, naamlik dat hy sy hele wese sal verander tot liefde, dat hy die eieliefde sal opgee, dat hy steeds sal wil gee en gelukkig maak en homself dus vergoddelik, omdat die liefde goddelik is en die mens wat hom tot liefde omvorm, ‘n goddelike wese word. Hoe minder die mens aan homself dink en hoe meer hy in liefde uitdeel aan sy medemens, des te nader kom hy aan sy doel en des te nader kom hy ook aan God Self, want dan gaan hy die ware weg na Hom en God kom hom tegemoet. Hy sal dan egter ook leed dra sonder om te mor, hy sal self voel as ‘n draer van die kruis en die kruis met graagte op sy skouers neem, want hy het dan Jesus tot voorbeeld geneem, hy volg Hom na, hy gaan die weg wat Jesus hom voorgegaan het, wat almal moet gaan om die ewige geluksaligheid te bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205