BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 328

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die tyd van die nabye einde 6059 Daar is wel deur My aangekondig dat die einde naby is, maar julle ken nie die dag of die uur nie. En daarom is ook julle, My gelowiges, nie ywerig genoeg in julle arbeid aan julle siele nie. Want julle reken ook daarop dat daar nog tyd moet verbygaan totdat My aankondigings vervul word. Julle verwag ook nie die einde so gou nie, anders sou julle aardse aangeleenthede waarlik nie meer so belangrik gevind het nie, julle sou anders opgetree het, soos in afwagting van iets ongewoons waarop julle moet voorberei. Julle moet wel tot op die laaste die take vervul wat julle aardse werkterrein verg, maar die sorg vir julle siele moet eerste wees. En die gedagte dat julle môre al van elke aardse sorg bevry kan wees, dat julle môre al beoordeel word volgens die rypheid van julle siele, - hierdie gedagte moet julle aanspoor tot ywerige werksaamheid. Want steeds sê Ek vir julle: Die dag kom gouer as wat julle vermoed. En julle sal tot die laaste op uitstel of vertraging reken, omdat die gedagte aan 'n skielike einde vir julle ondenkbaar is. En daarom sal ook julle verras wees, al staan julle ook nie ongelowig teenoor My aankondigings nie. Maar julle medemense is heeltemal ongelowig, om welke rede hulle ook nooit sal glo dat die tyd baie naby is nie. Julle sal daarom dubbel ywerig aan julself moet werk, want julle sal nog een en ander voor die einde kan help om te glo, indien julle geloof self onwankelbaar sal wees en julle kragtens die geloof weerstande sal kan oorwin wat onvermydelik sal wees, omdat die einde naby is. Hoe meer julle hierdie gedagte jul eie maak, naamlik dat die laaste dag baie spoedig sal aanbreek, des te rustiger sal julle wees, ook in aardse aangeleenthede, by mislukkings en sorge van allerlei aard, omdat julle dit as noodsaaklik insien en julle die toestand van julle siele as belangrik beskou. Laat julle nie van koers af bring deur die skynbare rus nie. Geen mens sal lank van hierdie rus kan geniet nie, want skielik sal alles verander en skielik sal ook die wêreldgebeure 'n onheilspellende wending neem. En dan sal die die einde met rasse skrede tegemoetgegaan word. En gelukkig is hy wat homself daarop voorberei het, wat My Woorde ernstig geneem en geleef het asof daar nog maar weinig dae vir hom beskore is. Want hy sal nie verbaas wees wanneer alles gebeur soos wat Ek dit lank tevore verkondig het nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205