BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 329

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Lig is waar God se gees werksaam is (1) 6061a Lig is oral waar Ek My Gees kan uitgiet. Want daar is die duisternis deurbreek en dit sal ook nooit meer terrein kan wen nie. Lig is waar Ek Self die mense kan onderrig, waar My Woord in ag geneem word, waar die mense vurig verlang na die verbinding met My en My Woord aangehoor word asof tot hulleself gespreek. Lig is waar die mense dit moontlik maak dat Ek My Gees oor hulle kan uitstraal. Maar ook slegs daar is die lig, want anders as deur die werksaamheid van My Gees, kan dit nie aan julle mense geskenk word nie. En daarom is daar baie meer duisternis oor die aarde versprei, want My Gees kan maar selde werksaam raak. Die helderste lig sou uitgestraal kon word en die diepste kennis sou aan die mense oorgedra kon word. En hulle sou goed gevoel het in die lig van hierdie insig. Maar wie kennis wil hê, probeer om dit langs ander weë te bereik. Hy dink dat hy deur middel van sy verstand kan deurdring in gebiede in wat slegs geestelik nagespeur kan word. Die ware weg is gewoonlik vir hierdie mense onbekend. Hulle weet niks daarvan dat Ek Myself openbaar deur My Gees nie. Die "uitgiet van die gees" is vir hulle 'n heeltemal onbekende begrip. Al wat hulle daarvan weet, is die Pinkster belewenis van die eerste dissipels, wat hulle as eenmalig beskou en hulle wil nie glo dat hierdie gebeure homself steeds weer en by alle mense kan herhaal nie, indien hulle aan dieselfde voorwaardes sal voldoen as my eerste leerlinge. Ek staan steeds in ’n baie noue verbinding met My skepsele, maar Ek uiter Myself slegs wanneer hulle ook die verbinding met My tot stand wil bring, deur werke van liefde, of deur innige gedagtes. Vir die meeste mense is Ek slegs 'n verre God en hulle kan nooit self deur My aangespreek word sodat hulle My stem kan verneem nie. Want hulle het nie die verlange om My te hoor nie en slaan daarom geen ag op wat aan hulle deur hul gees oorgedra word nie. Dit uitgiet van die Gees is die vermoë om gedagtes te ontwikkel as die ware, sodat die insig in ’n vreemde gebied vir hom vergroot word, sodat hy duidelikheid sal verkry oor probleme wat tevore onopgehelderd gebly het. Hy ontvang dus kennis wat My Gees aan hom oordra. Dit uitgiet van die Gees is 'n oordrag van die krag wat hy self nie besit het nie en wat Ek hom nou laat toekom. "My gees sal uitgegiet word oor alle vlees." Dit is Lig- en Kragstrome vanuit My oor in 'n mens wanneer hy homself oopstel, wanneer hy homself voorberei as 'n houer wat waardig is om Myself - My lig en My krag - in homself op te neem. En die mense word nie oor hierdie gebeure onderrig nie. Hulle kan dit ook nie sien nie, omdat hulle dit slegs sal kan verstaan onder sekere voorwaardes, wat hulle nie kan aantoon dat hulle hieraan voldoen nie. Want om jouself gereed te maak tot opnamehouer van die goddelike Gees, beteken soveel as om jouself tot liefde te omvorm. En alle mense by wie die liefde ontbreek, wat hierdie eerste en vernaamste gebod nie nakom nie, kan ook nie glo dat Ek My Self kenbaar maak nie. Die werksaamheid van My Gees beteken om direk met My in verbinding te staan en om My aan te hoor. Daar kan wederom slegs oor die uitgiet van die Gees gepraat word deur mense wie se gees gewek is. Die verbinding met My wat toelaat dat My Gees nou besig kan word, moes al tot stand gebring gewees het. En daarom kan die uitgiet van die Gees nie as leerstelling verdedig word nie, omdat daar geen begrip daarvoor sal wees, solank die ordening van die gedagtes nie deur die gees plaasgevind het nie. Maar die mense sou dit wel kon glo en hulle kan probeer om hulleself deur werke van liefde so te omvorm dat Ek My Gees oor hulle kan uitgiet. Maar ook is hierdie geloof nie daar nie, omdat die mense sonder enige liefde lewe. Daarom is hulle geestelik blind. Hulle wandel in die duisternis en hulle sien nie waar daar 'n lig opvlam nie. En as dit nader aan hulle gebring word, dan draai hulle daarvan weg. Maar hulle sal slegs geluksalig kan wees wanneer hulle in die lig staan. En al sien hulle op aarde ook nie hul duisternis in as 'n gebrek nie, in die hiernamaals sal die donker hulle egter onuitspreeklik kwel. En salig is hulle wat dan daar sal afstuur op die ligvonke wat soms vir hulle sal opflits. Salig is hulle, want ook daar sal hulle nog die lig kan bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205