BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die val van die engele 5361 Julle almal wat op aarde leef is deur My Liefde aangegryp en daar is vir julle moontlikhede geskep om weer die oerverhouding met My te herstel. Daar was vir julle 'n tyd toegeken vir hierdie omvorming uit 'n verhouding wat heeltemal teen God gerig was, na die hereniging met My. Om hierdie doel te bereik is alle genade vir julle ontsluit en My nimmereindigende Liefde help om 'n handjie by te sit waar julle dreig om te misluk. Maar één ding kan selfs My oorgrote Liefde nie vir julle doen nie: Julle wil verander met My Mag. Julle wil is die faktor waarmee rekening gehou moet word, wat alleen die verandering moet volbring en net so goed kan misluk, want julle wil is verswak deur hom wie My teenstander is en wat julle, wie hy in die diepte laat val het deur die sonde teen My, ook in die diepte by hom sou wou hou en wie daarom vir julle die weg na My op elke manier wil versper, wat dus ook graag julle wil swak sal hou. En daardeur is julle nie in staat om die verandering van jul wese te voltrek nie. Daarom is die wil egter swak, omdat die wese wat nog in sy mag is, ook sonder enige liefde is en daarom geen krag kan ontplooi nie, want die liefde is krag in hom en sou onvermydelik ook aan die wil die nodige versterking kan verleen. Die wesens wat aan hom behoort, het 'n totaal verswakte wil en is nie by magte om hulleself van sy heerskappy oor hulle te verlos nie en Ek voorsien wesens van hulp. Kan julle mense nou verstaan wat My daartoe gebring het om na die aarde neer te daal en aan julle redding te bring? Ek was dieselfde in die heel begin, soos die geestelike wesens wat deur Lucifer in die afgrond gestort is. Ek het as Engelgees uit die Liefde van God voortgekom en God geëien as die toonbeeld van alle Mag en Krag en Heerlikheid van ewigheid. As teenstander van Lucifer het Ek aan die kant van Hom gestaan wat ons geskape het uit die Krag van Sy Liefde. Ook Ek kon God nie sien nie, maar My Liefde vir Hom was My geluksaligheid. Maar die Liefde vir die geeste wat van God afvallig geword het, het My ook vervul en in My het 'n plan vorm aangeneem om deel te neem aan hulle verlossing uit die mag van die duisternis, omdat Ek op hoogte was van die mag van Lucifer en van sy invloed op die willose geeste. Ek wou hulle help op die enigste manier waarop die teenstander oorwin kon word. Ek wou 'n beroep doen op die Krag van God, om teen hom te kan optree en die doel te bereik, naamlik om die wesens van hom te ontwring en so weer terug te bring na God, van Wie hulle uitgegaan het. Ek wou vir hierdie gevallenes die krag verwerf en dit aan hulle laat toekom, sodat hulle 'n sterk wil kon hê en hulle so kon vrymaak uit die mag van satan. Die swak wil is weens gebrek aan liefdeskrag, dus die gevolg van 'n liefdelose gesindheid. Indien Ek hierdie wesens met 'n sterk wil wou help, moes Ek probeer om hulle tot Liefde te inspireer en eers weer hul liefde opwek deur My Liefde. Ek moes hulle bevry uit sy mag, deurdat Ek hom die koopprys betaal vir die siele wat hy gevange gehou het. Hy self het weliswaar nooit toestemming gegee nie, want hy laat nooit die siel vry nie, maar die siel het nou die krag verkry om haarself te bevry, waarteen hy haar nie kan verhinder, wanneer sy haarself van My Krag bedien, wat Ek haar bereidwillig laat toekom, indien sy bereid is om dit aan te neem, dus van die genade gebruik te maak wat aan die kruis verwerf is. Ek het vir alle siele hierdie koopprys betaal deur My lyding en sterwe aan die kruis en elke siel kan haar vryheid weer terugkry, wanneer sy haar tot My wend, wanneer sy haar wil die regte rigting gee, wanneer sy My en My werk van verlossing erken en tot My roep om hulp. Om die wil van hierdie wesens te versterk, het Ek aan die kruis gesterf. Ek het 'n oorgrote Liefde teenoor die mag van satan geplaas en het hom oorwin, sodat selfs die hardste kettings kan losspring van die wie aan My Sy gaan staan het. Twee wesens wat uit die krag van die ewige Liefde voortgekom het, het geworstel teen mekaar. Ek het My egter van hierdie liefdeskrag bedien. Ek het vir God en met God gestry. Die Liefde het My heeltemal vervul en My aardse liggaam het gevolglik Draer van die ewige Godheid geword. My Ligsiel het Haarself tegelyk met die Liggaam by Haar aangesluit en nou het die vereniging plaasgevind, wat ook deur elke individu wat deur God geskape is, bereik moet word volgens bestemming van ewigheid, om dan as volmaakte te kan werk in lig en krag en geluksaligheid. Die oergeskape gees het van God afvallig geword. Hy het lig en krag in oorvloed ontvang en dit misbruik om téén God te werk. God se Krag het hom ook deurstroom, maar hy het dit in ’n negatiewe sin gebruik en hom sodoende steeds meer en meer van God verwyder. Maar om die Krag van God volgens Sy Wil te gebruik lei ook tot algehele samesmelting met Hom, wat Ek as die mens Jesus op aarde deur die Liefde bereik het. Die liefde is die sterkste mag en moet ook die wil so beïnvloed dat hy hom op God sal fokus. En hierdie gawe van krag vir die wil van die mense op hierdie aarde, het Ek as Mens verwerf deur My lyding en sterwe aan die kruis, deur onuitspreeklike pyne en oorgrote kwellinge. En elkeen wat My erken en in homself die liefde tot volle wasdom bring, kan hulleself van hierdie Krag bedien. Elke mens wat My as Redder en Verlosser aanroep om hulpverlening, sal sy huidige heer wil ontvlug en dit ook kan doen, want Ek laat Ek hom nie in die hande van My teenstander val nie. Ek verbreek sy kettings en maak hom vry. Maar Ek kan dit alleen doen wanneer die wil van die mens self na verlossing streef. Ek kan hom nie teen sy wil bevry nie. My Liefde is egter oneindig en Sy sal die teenstander van elke siel ontwring. Die Liefde sal veroorsaak dat die wil van elke wese eendag heeltemal sal verander en homself na My wend. En daarvoor het Ek aan die kruis gesterf, sodat die verswakte wil van die gevallenes versterking kon ondervind. En dus het Ek die wêreld verlos uit die slawerny van die satan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205