BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 339

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Aardse doel: Die vervulling van die gebooie van die liefde 6086 Aan almal van julle is ‘n opdrag gegee en almal moet dit volgens eie wil nakom, want almal se wil is vry. Dit is egter nodig dat julle hierdie opdrag ken en hierdie kennis sal na julle toe kom deur My Woord, wat nou weliswaar aangehoor en opgevolg kan word, maar ook verwerp kan word. Maar julle sal self ook, ooreenkomstig daarmee, die gevolge dra. Wie doen wat My Wil verlang, vervul My Wil, dus ook sy aardse opdrag en hy kan dus ook van ‘n geestelike vooruitgang praat. Maar ook die wêreldsgesinde mens moet weet dat hy hom eens sal moet verantwoord vir sy val. Dat die Woord, as verkondiger van My Wil, hom nie verniet aangebied was nie, dat hy dit ook ter harte moes geneem het, indien hy sy aardse opdrag wou vervul. Hy moet weet dat sy lewe nie ewig voortduur nie en dat hy die kort aardse lewe moet benut vir die ewigheid. En benut wil sê: In die eerste plek, My gebooie van liefde nakom waardeur hy nou ook My Liefde waardig raak en krag sal ontvang om aan homself te werk, om die werk aan sy siel te verwesenlik, wat die doel is van sy aardse bestaan. Almal wat moeite doen om in liefde te lewe, sal ook weet dat hulle nie sommer, of sonder doel, op hierdie aarde gesit is nie, maar dat die bereiking van ‘n doel daaraan verbonde is. En hulle sal ook ernstig na hierdie doel moet strewe, na die vereniging met My. Wie die liefde egter buite rekening laat, wie slegs eie voordeel soek, versper sy toegang tot die ewige lewe. Want die liefde ontbreek by hom, Wie die enigste sleutel is tot saligheid, die insig ontbreek hom ook, hy sal niks weet van die sin en die doel van sy bestaan op aarde nie en hy sal ook geen verklaring daaroor aanneem nie. Die nakoming van My gebooie van liefde vir God en die naaste verseker alle mense van hierdie insig. En daarom moet alle mense ook tot die lig kom, wat My gebooie vir hulle tot rigsnoer van hul aardse lewe maak. Hierdie sal nie kan verdwaal nie, want hulle weg sal onherroeplik voer na die ryk van die ewige saligheid, want hulle het hulleself heeltemal aan My Wil onderwerp. Hulle sal ‘n lewe lei in My ewige orde, hulle sal in voortdurende verbinding met My wees en sal daarom krag in oorvloed in ontvangs neem. En hulle sal hierdie krag weer slegs gebruik om in liefde werksaam te wees, want hulle word deur My Gees daartoe gedryf, Wie in regstreekse verbinding met My is en nie anders as goed op hulle kan inwerk nie. Hulle sal dus hul aardse opdrag vervul, omdat hulle hulself en ook hul medemens, die ewige orde probeer binnelei, deurdat hulle die Goddelike orde in hulle tot stand bring en op grond van hul liefde en insig ook die buite orde getrede medemens weer help om hom aan My Wil te onderwerp, sodat ook hy ‘n verbinding met My tot stand kan bring en die doel van sy aardse lewe bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205