BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Weersien in die hiernamaals - Graad van voltooiing 5365 Dit is ‘n ongelooflik salige oomblik wanneer die siel van die aarde skei en ingaan in die Ligryk, in sfere waarin daar niks boos is nie, waar die siel deur ‘n golf van saligmakende lig omgewe word, waar uiters mooi wesens haar benader en haar liefde betoon wat haar byna sal oorweldig. Die liguitstraling word by haar graad van volwassenheid aangepas, sodat dit haar onvoorstelbaar gelukkig maak, maar die siel nie met ’n oormaat van lig verteer, wat die siel nog nie in staat is om op te neem nie. In die oneindige uitgestrektheid sien sy die wonderbaarlikste skeppings, want haar geestelike oog is nou gereed om geestelike skeppings te kan aanskou, wat nie stoflik is nie, maar werklik vertoon en dus geen illusie is nie. En te midde van hierdie skoonheid wat sy aanskou, vind sy haar geliefdes wat haar voorafgegaan het, in die graad van volwassenheid waarin die ligryk hulle kon opneem. Vir haar is die saligheid van so ‘n weersiens ondenkbaar, maar in die geesteryk is die siel in staat om dieper indrukke op te neem sonder om te vergaan en ervaar bewustelik die saligheid wat God vir haar berei het en sing Hom in die hart lof en dank toe, wanneer die ligryk haar vaderland geword het en haar liefde ontbrand tot die Vader, Wie vir haar al hierdie salighede berei het. Die samewerking met siele met dieselfde graad van volwassenheid verhoog haar krag en haar wil tot werksaamheid. Hierdie rig sy nou tot die siele wat nog vêr onder haar staan om hulle te help om dieselfde saligheid te bereik en sy bekommer haar nou in barmhartige liefde oor diegene wat sy op aarde goed geken het, wat nog in laer sfere bly, die wat deur ongeloof en liefdeloosheid op aarde in hul geestelike ontwikkeling agtergebly het en daarom in die hiernamaals ongelukkig in duisternis of in skemerlig bly. Sy herken hierdie siele en kan hulle ook nader en hulp aanbied, maar sy word nie deur hierdie siele herken nie, daarom word haar hulp verwerp. Die liefde en geduld van ‘n ligsiel doen egter onophoudelik moeite vir hierdie siele en slaag ook eens daarin dat hulle lig kry. Haar eie saligheid wat sy vanuit die voortdurende uitstraling van God se Liefde ontvang, die onvergelyklike skeppingswerke in die Ligryk en die samewerking met wesens met wie sy in gelukmakende liefde verbind is, gee haar gedurig nuwe krag om verlossend werksaam te wees. Self vind sy haar geluk daarin om te gee wat sy self ontvang. Steeds word haar verlange na God vervul en sy kan nie anders as om ook te wil gelukkig maak nie. Om die heerlikheid van die Ligryk aan die mense op hierdie aarde te beskryf, is onmoontlik, omdat slegs ’n voltooide siel die volheid van lig kan verdra en daardeur ook die saligheid kan begryp, waarvan die nog onvolkome mens geen begrip het nie. Een ding moet en kan hy glo, dat daar ‘n weersiens is in die ryk hierna. Dat die dood nie die einde is van die siel nie en dat hierdie siele mekaar sal herken, sodra ‘n bepaalde graad van volwassenheid bereik is, wat baie siele nog nie besit nie. En daarom kan dit vir baie siele lank duur voordat hulle sal slaag om so ‘n vereniging met hul geliefdes te ervaar. Maar die verlange daarna is ‘n goeie rede om opwaarts te strewe. Die liefdeskrag van die siele is voortdurend besig om siele uit die diepte te verlos en hulle te help om salig te word en die ryk binne te gaan waar stralende lig hulle omring, waar hulle God kan aanskou en waar alle nood op ‘n einde is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205