BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 340

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Oersonde - Uitstraling van liefde – Jesus Christus 6087 Die eerste sonde van rebellie teen My het die groot afstand, wat My skepsels van My af is, tot gevolg gehad, want met hul verwerping van My het hulle ook My Liefdeskrag verwerp. Hulle het self uit die sirkel van My Liefde getree en verwyder hulle steeds meer van My. Weerstand teen My is dus dieselfde as die verwerping van My Liefdeskrag. Om hierdie rede kan geen mens, wat hom nog innerlik teen My verset, deur My Liefdeskrag deurdring word nie. En dit kan as weerstand beskou word as hy nie in My glo en daarom geen verbinding met My het nie. Hy staan dan dus buite die sirkel van My Liefde. Hy kan nie van My Liefde bewus word nie, omdat hy hom nie vrywillig daarvoor ontvanklik gemaak het nie en nie geneig is om met My in verbinding te tree nie. Om My nie te erken nie, beteken om heeltemal in die mag te wees van die een wat eens in opstand gekom het teen My en daardeur My teenstander geword het. En sy plan is om alle skepsels so te beïnvloed dat hulle My as nie-bestaande sal ervaar, dat hulle nie sal glo in 'n Wese wat hulle geskep het en begeer om 'n verhouding met hulle te hê nie. Maar hierdie ontkenning het ook ’n volledige kragteloosheid tot gevolg, asook duisternis in denke. Lig en krag kan slegs van My verkry word. En hulle minag die lig en krag, omdat hulle die Gewer van lig en krag minag, omdat hulle geen geloof het in die Oerbron van lig en krag waaruit hulle ook voortgekom het nie. Maar in dieselfde mate as wat hulle hierdie Oerbron verwerp, maak hulle hulself onbekwaam om deur hierdie Oerbron gevoed te word. En so sal hulle dus sonder lig en krag bly totdat hulle self uit vrye wil na hierdie Bron keer, totdat hulle die Mag sal erken Wie hulle geskape het en hulleself vrywillig oopstel om voorsien te word van Goddelike liefdeskrag, totdat hulle hul verenig het met die Gewer van lig en krag. En sal hulle onbeperk ontvang wat hulle nodig het om geluksalig te word, om weer die oorspronklike toestand te betree wat hulle eens vrywillig verlaat het. Elke mens wat hom na My keer, sal ryklik mag ontvang, want My Liefde raak nooit op nie. Sy wil ononderbroke gee en gelukkig maak en vra bloot oop houers waarin Sy kan instroom. En sodra die opregte wil in die mens ontwaak het om in verbinding te tree met die Mag wat hom geskep het, keer hy hom af van die oorspronklike oersonde, die opstand teen My en hy sal verseker die doel bereik met die hulp van die Goddelike Verlosser Jesus Christus, Wie Sy bloed ter wille van hierdie groot oerskuld vergiet het, Wie oneindig gely en gesterf het aan die kruis, om vir die verswakte mensdom 'n skat van genade te verwerf, versterking van die wil en die besef van hulle skuld. Alle mense kan nou die groot afstand wat hulle van My af is, verklein. Alle mense kan vergifnis verkry vir die groot skuld van die vroeëre opstand teen My. Alle mense kan weer die sirkel van My Liefde betree en lig en krag in oorvloed ontvang, wanneer hulle hulself van die genade bedien wat hulle deur die verlossingswerk van Jesus Christus ryklik beskikbaar geword het, wanneer hulle My erken, Wie as die mens Jesus, vir julle die skuld afgelos het deur My dood aan die kruis. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205