BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 341

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Jesus het vooraf kennis gehad van Sy kruisiging 6088 Ek wou namens julle ly en het My dus bewustelik voorberei om aan die kruis te sterf. Ek was bewus van die uiters moeilike weg van lyding wat Ek moes neem om julle uit jul nood en dood te verlos. Ek het alles vooruit gesien, niks wat Ek moes verduur was vir My ’n geheim nie. En tog het Ek daarmee voortgegaan. Ek het My nie verset nie. Ek het nie die gevaar ontvlug nie, maar dit doelbewus betree. Want Ek het nie slegs die verloop van My verlossingsdaad gesien nie, Ek het die swakheid en gevangenskap gesien van My skepsels wat in die grootste nood platgeslaan gelê het en aan wie Ek slegs bevryding kon bring deur My lyding en sterwe aan die kruis. Alles het My helder en duidelik geestelik voor oë gestaan, naamlik die gruwelike mag van My teenstander, die geweldige verwydering van die wat van God afgeval het en wat steeds groter geword het. Ek het die pikswart duisternis aan die een kant gesien en die helderste lig en geluk aan die anderkant. Ek het uit die lig gekom en wou die lig ook in die duisternis indra, maar daarvoor was daar 'n brug nodig. Ek moes iets aanbied vir die reg om die gekwelde siele uit die diepte op te hef na die lig. Ek moes My lewe op die spel plaas om die lewe van die ongelukkige skepsels te koop. Daar was maar net die een weg van selfopoffering, van die opgee van die belangrikste van wat Ek besit het, naamlik My lewe. Uit liefde vir diegene wat dood was, as gevolg van die sonde, moes Ek met My lewe vir hul lewens betaal. Alles het My helder en duidelik voor oë gestaan en Ek het vooraf al ontsaglik gely, omdat Ek as mens met dieselfde gevoelens geskape was as julle, met ’n vrees vir die dood, vir die vreeslike lyding en vir Myself, dat Ek swakker sou kon word, ook dat My Krag te swak sou wees en dat My gevalle broers in die grootste nood sou moes bly indien Ek sou misluk. Maar My Krag het toegeneem, hoe nader die dag gekom het dat dit moes plaasvind. My Krag het toegeneem soos wat My Liefde toegeneem het vir die ongelukkige mensdom van wie se nood Ek daagliks meer bewus geword het. En My wil om die werk te voltooi wat Ek begin het, het nie swakker geword nie, ondanks die feit dat Ek soms deur ’n swakheid oorval was by aanskoue van diegene wat vir My gelag het. Want die menslike in My het altyd in verbinding gebly met die Vader, Wie My met krag vervul het, sodat My Liefde steeds sterker geword het en Ek uiteindelik die dood met volle bewussyn ingegaan het, omdat Ek toe ook besef het dat die dood oorwin moes word en dat dit ook My taak was. Die weg na die kruis was bitter en pynlik, want Ek moes deur die diepste duisternis gaan om die poort na die ligryk oop te maak vir almal wat uit die diepte omhoog wou klim na die lig. Maar, as mens moes Ek die bitterste lyding en pyniging verduur om julle te help, wat sonder My daad van verlossing, sonder My dood aan die kruis, reddeloos verlore sou wees. En daarom was My bestaan as mens op aarde ontsettend smartlik. Want vanaf die oomblik wat die Vader Hom in My omhulling openbaar het, was Ek ook bewus van alles wat My te wagte gestaan het. En tog het Ek vrywillig die weg na die kruis gegaan, want nie die wil van die Vader nie, maar My Liefde vir die gevallenes, het My aangespoor om die verlossing te volbring. En hierdie liefde het My die krag gegee om vol te hou tot die uur van die dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205