BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 343

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Goddelike vonk - Die korrekte verhouding tot God 6090 Julle dra almal die Goddelike vonk in julleself, Wie julle Leier wil wees op julle weg oor die aarde, indien julle Hom die reg daartoe sal verleen, indien julle dit vir Hom moontlik sal maak, sodat Hy homself kan uiter en julle onderrig. Daar is geen mens wat op homself aangewese is nie. Elkeen kan My ondersteuning verwag. Elkeen hoef hom maar met My te verbind en Ek sal op die mens inwerk deur My Gees. Julle is onlosmaaklik met My verbonde vanaf die allereerste begin, juis deur hierdie Geesvonk wat julle in julleself dra en wat een deeltjie is van die Gees van die Vader. Dus kan julle voortdurend met My in verbinding bly. Maar Hy hou Homself stil in julle, solank julle julself nie bewustelik aan sy leiding oorgee nie, solank julle julself nog in gedagtes en in julle wese van My afsonder. En dus lê dit by julle self, of julle julself as 'n deel van My voel, of julle julself deur My sal laat lei en raad gee. Dit lê by julle of julle die korrekte verhouding met My tot stand gebring het, naamlik die verhouding van 'n kind tot die Vader of van ’n skepsel tot sy God en Skepper. Reeds die erkenning om aan My, as julle Skepper van ewigheid, ondergeskik te wees, is ’n tree van toenadering tot My, wat julle beslis ook daarheen sal lei, sodat julle My eendag as julle Vader sal sien en julle na My sal wend. Want dan laat julle al My Geestesvonk in julle toe, sodat hy op julle kan inwerk, sodat hy julle kan waarsku en aanmaan om die kwaad te los en die goeie te doen. Ek kan dan al met julle praat deur die Gees, sodra julle My maar sal erken. En My Woorde sal steeds liefdevoller wees. Die invloed van God se Gees sal altyd meer liefde opwek, hoe meer julle julle Vader in My sal sien en dan as My kinders ook gehoorsaam die innerlike stem sal volg wat julle waarlik net tot julle voordeel sal onderrig. Die verbinding met My bestaan voortdurend. Maar of julle julself daarvan bewus wil maak, hang van julleself af. Sodra julle gedagtes in gebed na My opstyg, sal julle ook die verbinding met My bewustelik tot stand bring. En dan kan Ek ook in julle werksaam wees deur My Gees. En so staan geen mens geïsoleerd van My in die skepping, wanneer hy nie isolasie verkies nie. Wend hy homself van My af, denkend om vry te wees van alle bande met die Mag wat hom geskape het, dan is hy ook geïsoleerd en dan sal hy nie deur My beïnvloed word nie. Dan sal die Goddelike vonk in hom sluimer. Hy sal Homself op geen enkele wyse uiter nie, want die vrye wil van die mens sal nie aangetas word nie. Die mens word nie beïnvloed in sy ingesteldheid teenoor My nie. Hy moet die band uit homself tot stand bring, indien hy die seën van so 'n verbinding wil ervaar, wat egter onherroeplik na voltooiing sal voer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205