BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 345

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God in Jesus Christus 6098 Ek wil ‘n waaragtige Leraar en Raadgewer vir julle wees en julle lei op die weg na voleinding. Maar julle wil moet My aanneem en erken as julle Leier en Leraar, omdat My onderwysinge andersins sonder uitwerking sal bly en julle geen stap vooruit sal kom in julle ontwikkeling nie. Wanneer Ek julle nou tegemoet tree in Jesus Christus, vir Wie julle julself met julle hele hart moet uitspreek, dan word julle terselfdertyd ook die korrekte weg gewys, want alleen via Jesus Christus is die weg wat na die doel voer. Dit is onmoontlik om ‘n verbinding met God tot stand te bring sonder die erkenning van Jesus Christus, omdat Ek slegs in Hom gesoek en gevind kan word, omdat daar naas Jesus Christus geen ander God is nie. En die groot nood op aarde bestaan daarin dat die mense My as’t ware verwerp, dat hulle nie wil weet en glo dat Hy, die ewige Godheid, die alles vervullende Krag, wat in Jesus Christus gemanifesteer het, nou egter ook erken wil word, sodat Ek Self in Jesus Christus hulle tegemoet kan tree, wanneer die geloof in My van hulle verlang word. En steeds sal julle in hierdie sin onderrig word, wanneer julle in die Waarheid onderrig word. Enige ander voorstelling van My, van julle taak, van die ewige Godheid, kom nie ooreen met die Waarheid nie. En tog word ander voorstellinge veel eerder geglo en daarom gaan die mensdom op verkeerde weë, gaan hulle nie die weg oor Golgota nie, gaan hulle nie die weg wat Ek as die Mens Jesus na omhoog gebaan het nie, gaan hulle nie die weg van die Liefde nie, tensy hulle Jesus Christus as die beliggaming van die ewige Liefde sou verstaan en erken. Die geloof in slegs ‘n skeppende mag is nie voldoende nie, want dit kan nie deur ‘n weldenkende mens ontken word nie. Dat hierdie skeppende Mag Homself egter aan hulle kenbaar gemaak het in Jesus Christus, dat Ek en Hy dus één is en dat die mens homself derhalwe met Jesus moet verbind indien hy homself met God wil verbind, dit moet dan as waar en vasstaande aangeneem word, omdat die mens andersins ontbreek aan geloof in My, hoewel hy nie die bestaan van ‘n God ontken nie. Ek verlang die geloof in Jesus Christus, want Hy bewys eers ‘n ware geloof, ’n geloof wat deur die liefde tot lewe gewek word, want wie Jesus Christus vol oortuiging erken as die Seun van God, in Wie Ek My beliggaam het, hy het in homself ook reeds die liefde ontsteek, wat aan hom die Lig van die erkenning, die krag van die oortuiging, gegee het, waarsonder daar egter nie van ware geloof gepraat kan word nie. Ek neem egter geen genoegdoening met ‘n blinde geloof nie. En daarom onderrig Ek julle Self en bied Ek Myself vir julle aan as leier, sodat julle korrek gelei kan word in julle denke en deur die Waarheid ook die geheim volledig kan leer begryp van die menswording van God in Jesus Christus. ‘n Korrekte onderrigting aan-aan julle Lig gee en julle sal Haar ook aanneem. En hierdie onderrigting kan slegs Ek aan julle gee, op voorwaarde dat julle julself deur My laat onderrig, dat julle tot die Ewige Godheid, wat julle in julleself erken, bid vir duidelikheid, vir korrekte denke en vir regte leiding. Hierdie gebed sal Ek waaragtig verhoor en Ek sal steeds bereid wees om julle die Waarheid binne te lei, sodat julle vol oortuiging sal kan glo en deur die geloof salig word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205