BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 357

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geestelike wedergeboorte –Tevergeefse aardse lewensweg 6117 Julle aardse lewensweg sal tevergeefs wees wanneer dit geen geestelike vooruitgang aan julle siele verskaf nie, wanneer julle in hierdie periode nie sal slaag om julle in geestelike sfere te begewe en los te kom van die te noue verbinding met die aarde nie, met haar materiële besit, indien julle nie op aarde die geestelike wedergeboorte bereik nie. Julle siele moet uit ’n donker gevangenis na buite tree, na ‘n lewe vol lig, julle moet vry word van alle materiële verbintenis, want julle is gees en julle sal slegs tevrede voel in die geesteryk, wanneer julle deur geen enkele kluistering gehinder word nie. Die aardse liggaam is ‘n kluistering vir die siel en sy begeerte is altyd van materiële aard. Indien die siel haar deur die liggaam laat lei, dan bly sy in onvryheid, sy bly aardsgesind en elke geestelike verlange in haar word gesmoor. Sy moet haar losmaak van liggaamlike begeertes, sy mag die liggaam nie gee wat hy verlang nie, want sy is die draer van die wil en beslis oor haarself. Indien sy slaag om haar liggaam te oorwin of hom selfs na haar eie wense, of aan die van die deur haar ingesiene “betere” te laat oorhel, dan sal sy selfs ’n geweldige ondersteuning vind vanaf die kant van die gees wat in haar geborge is, wat haar meer en meer in die rigting van die geesteryk sal stu, wat haar die rykdomme van die geesteryk sal aanbied en dit vir haar as uitsluitlik begerenswaardig voorstel. Sodra die siel haarself vir die geestelike leringe toeganklik bewys, sal haar lot in die ewigheid reeds beslis wees, sy sal verseker wees van die gang opwaarts en die aardse lewensweg het sukses vir haar opgelewer vir die ewigheid. Maar die stryd van die siel wat dit voorafgaan, is swaar, wanneer die liggaam op elke wyse op haar inwerk, wanneer sy te swak is om hom weerstand te bied, wanneer die liggaam die oorheersing behou en die siel benewel, omdat sy haar nou willoos aan hom oorgegee het. Sodra die wêreld julle bekoor, sodra julle alles daarop probeer verower, sodra julle alle geestelike gedagtes verjaag, wanneer hulle in julle opduik, is julle in groot gevaar, want julle deursien nie die doel van julle lewens nie; julle strewe heeltemal ander doele na as die waarvoor julle op aarde is. Julle aardse lewe sal spoedig verbygaan en alles wat julle aan aardse materiële goedere verkry het, moet julle agterlaat by die uur van dood. En julle sal ongelukkig wees wanneer julle nie in besit sal wees van geestelike goedere wanneer julle die geesteryk ingaan nie. Laat julle gang op die aarde nie onbenut wees nie, probeer om julle los te maak van alles wat slegs die liggaam dien, maar vir die siel geen voordeel oplewer nie. En streef na die ryk wat julle ware tuiste is en wat julle onafwendbaar ook opnuut sal betree, wanneer julle liggaamlike einde aangebreek het, wat baie kan verskil, na gelang die geaardheid van julle siele is. Verander julle daarom en streef en werk vir die geesteryk, solank julle nog in die aardse lewe toegelaat word, want julle berou sal groot wees wanneer dit te laat is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205