BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 360

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Trooswoorde vir lyding -Siekteverbinding met God 6124 Vertrou steeds op My dat Ek julle op die regte weë sal lei. Al lyk dit ook asof julle julle lot self bepaal, asof julle jul aardse weg deur julle wil op ander weë kon lei. Solank julle julself met My verbind, solank julle verlang om met My kontak te hê, sal Ek julle lei en dan voer julle slegs My wil uit, wat Ek julle dan as’t ware in julle hart sal plaas, omdat julle dit moontlik gemaak het deur julle wil, wat op My gerig was. Wie hom eenmaal by My sal aansluit, wie met My in verbinding wil staan, hy kan onbesorg wees oor sy vêrdere lot, want dit sal so verloop dat sy siel uit alles voordeel sal kan trek, indien die mens hom gelowig aan My sal toevertrou, indien hy homself vrywillig aan My en My leiding sal oorgee, indien hy sy lewe saam met My leef, indien hy steeds aan My sal dink en probeer om My Liefde te wen. Dan behoort My ganse Liefde ook aan hom, Wie slegs die heil van sy siel wil hê en dat sy in bereik van die ewige saligheid sal staan. Glo My, dat julle slegs in die aardse lewe sal moet stry, indien julle nie vrywillig werksaam is nie. Stryd kan julle dus gespaar bly, indien julle aktief sal wees in dienende naasteliefde. Maar lyding en siekte kan nog tot loutering van die siel bydra, maar tog vir julle draaglik wees, wanneer julle jul toevlug tot My neem. Ek is altyd daar vir julle in alle aardse en geestelike nood en Ek wil dat julle julself daardeur steeds inniger met My verbind, totdat julle so vas aan My verbind sal wees dat Ek voortdurend langs julle sal kan gaan en julle steeds gesprek met My kan voer, dat julle ook steeds van My nabyheid bewus sal wees en dus ‘n lewe in en met My sal lei. Alles wat julle meemaak, moet slegs daartoe bydra dat julle julleself onlosmaaklik met My sal verbind. Dan sal niks julle meer ontstel of verontrus nie, want die bewustheid van My voortdurende nabyheid sal julle krag en sekerheid gee in alles wat julle sal onderneem. En julle wil sal My Wil wees, omdat julle julleself geheel en al aan My Wil onderwerp het en daarom slegs nog wil, dink en handel soos wat dit goed is in My Oë. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205