BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 364

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

“Neem en eet” 6135 “Neem en eet” – so het Ek tot My leerlinge gespreek toe Ek hulle die brood aangereik het, as 'n simbool van die brood uit die hemel, van My Woord, wat, nadat dit vlees geword het op aarde, te midde van hulle vertoef het. Neem en drink, het Ek gesê toe Ek hulle die wyn aangebied het, wat – net soos My bloed, die Krag van My Woord - vir hulle tot versterking gebring moes word. Brood en wyn was simbole vir vlees en bloed. En omdat Ek die vleesgeworde Woord Self is, kon Ek ook sê: Dit is My Liggaam wat vir julle geoffer word, dit is My bloed wat vir julle uitgestort word. Want eers deur My dood het Ek dit vir julle moontlik gemaak om My Woord in julle te verneem. Eers deur My dood het Ek die kettings wat julle in die duisternis gebind het, verbreek. Verstaan dit tog, My Woord moet vir julle weerklink indien julle gelukkig wil word. En My Woord moet gretig deur julle in ontvangs geneem word. Julle moet dit eet en so aan julle siel voeding besorg, sodat sy kan lewe. Want My Woord bevat die krag in homself, wat aan haar die lewe gee. Vlees en bloed behoort tot die lewe en Ek het vir julle gesterf sodat julle kan lewe. Die brood van die lewe is My Woord. Ek Self is die Woord en die Woord het vlees geword. Is daar 'n meer verstaanbare verduideliking vir die avondmaal wat Ek met My dissipels gehou het? En steeds wanneer julle My Woord ontvang en dit gretig in julle opneem, sal julle ook aan My dink. Julle sal My Woord nie anders in ontvangs kan neem as denkend aan My nie, omdat Hy wat tot julle spreek, nie in die vergetelheid kan raak solank julle Hom aanhoor nie. Toe Ek vir My dissipels die brood gebreek het, toe Ek vir hulle die wyn aangereik het, het Ek geweet dat slegs My Woord die verbinding tussen My en die mense tot stand kon bring en bewys. Ek het geweet dat hulle slegs die doel kon bereik, indien hulle My voortdurend met hulle laat spreek het. Verder het Ek geweet dat hulle moes glo in My verlossingswerk. Ek het geweet wat vir My voorlê, dat Ek My lewe moes sou gee om die mense te verlos en met die oog daarop het Ek die woorde gespreek: “Wat vir julle aangebied word, sal vir julle vergiet word.” Die ewige Woord het Self tot die mense gespreek: “Neem en eet, neem en drink”. En julle mense moet die innige verbinding met My tot stand bring om My stem te verneem, om deur My gespysig te word met die brood van die hemel, om avondmaal te hou met My. En julle sal hierdie innige verbinding met My alleen tot stand kan bring deur werksaamheid in liefde. Dan eers sal julle My in julleself kan opneem, dan sal julle deurstroom word met die Krag van My Liefde. My bloed waarborg julle die lewe. Dan deel Ek met volle hande aan julle uit, dan sal julle siel nooit honger en dors ly nie, want Ek sal haar Self versadig en te drinke gee. Ek Self sal aan haar die avondmaal aanbied. Ek sal die brood breek en die wyn aanbied vir almal wat dit wil ontvang en hulle sal My vlees en My bloed geniet en hul siele sal vir ewig lewe. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205