BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 366

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kom almal na My toe wat uitgeput is en onder laste gebuk gaan, Ek sal julle verkwik 6137 Julle almal wat julleself in kwelling en nood bevind, verseker Ek van My hulp, as julle maar net die weg na My sal neem, wanneer julle in julle toestand van benoudheid aan My sal dink, wanneer julle na My toe kom. Julle moet glo dat Ek julle kan help en wil help en met hierdie vertroue na My toe kom, julle moet julleself op My verlaat en aan My belofte dink, dat Ek julle sal gee wat julle afsmeek. Niemand sal daar by My weggaan wat geen troos en krag van My ontvang het nie, wanneer hy maar vol geloof tot My sal bid, wanneer hy na My toe sal kom en hulp by My verwag. Ek ken julle nood goed, maar tog vra Ek julle dringend, dat julle julleself aan My sal toevertrou, omdat Ek julle dan eers kan help, wanneer julle My daarom vra, wanneer julle die weg na My gevind het, want dit is My doel om naby aan julle te wees en julle om hierdie rede daartoe te bring dat julle met My ‘n verbinding sal soek. Eers wanneer julle julleself uit eie wil met My in gedagtes verbind het, - wat gebeur deur innige gebed tot My, - sal Ek hierdie doel bereik het: Die erkenning van My as God en Vader van ewigheid, Wie julle eens geweier het en waardeur julle daarom ongelukkig geword het. Steeds sal Ek aan julle sê: “Kom na My toe” of ook “vra, sodat julle gegee kan word” of “roep My aan in nood”, omdat dit steeds My Wil is dat julle julself met My verbind. Dan eers kan Ek My regte vir julle laat geld, dan het julle julself heeltemal aan My oorgegee en dit beteken vir julle ‘n losmaak van My teenstander. En dan sal julle ook verstaan waarom Ek julle so dikwels in nood en benoudheid laat beland het, waarin daar steeds net ‘n uitweg sal wees wanneer julle My sal aanroep om hulp, wanneer julle julself nie heeltemal aan hom oorgegee het wie julle na benede wil trek nie, - wie julle dan ook sal help, maar op ‘n wyse wat julle duidelik skade sal berokken, want hy verlang julle siele in ruil daarvoor. Hy sal julle aards alles laat toekom, maar in die plek daarvan sal julle die lewe van julle siele verloor, want julle raak steeds meer in sy mag, julle sal slegs nog maar aards-materiële gedagtes hê en My heeltemal vergeet. Julle sal My verloën en hom opnuut as julle meester erken en dit sal met julle goed gaan op aarde, maar julle sal verlore wees vir ewige tye. Verlang nie na hierdie welsyn op aarde nie, kom inteendeel na My toe in julle benarde toestand en Ek sal julle waarlik gee wat julle nodig het vir liggaam en siel. Julle sal nie spaarsaam in gedagte gehou word nie, want My Liefde deel ryklik uit, egter slegs dit wat julle siele tot heil sal strek, maar Ek sal ook altyd aards vir julle sorg, soos wat Ek julle beloof het. Julle hoef nie in nood te wees nie, want julle het ‘n Vader in die hemel, Wie maar net verlang dat julle julself tot Hom sal wend in julle hart en Wie dan ook vir julle sal sorg, net soos vir kinders aan wie Hy niks weier nie, buiten dit wat vir hulle skadelik sal wees, maar julle sal vrywillig na Hom toe moet kom. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205