BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God neem die sorg van aardse sake op Homself 5369 Ek sorg vir die liggaamlike welsyn, wanneer julle die geestelike welsyn nastreef, wat die sin en doel van julle lewe op aarde is. Ek het julle hierdie belofte gegee dat Ek julle wil bedeel met alles wat julle nodig sal hê wanneer julle My Ryk en Sy Geregtigheid soek. Wanneer julle daarna streef om voor My oë regverdig te lewe en vir julle siele die graad van volwassenheid te bekom wat julle die reg gee om die ligryk binne te gaan en Ek hou by My Woord. Ek sorg as 'n Vader vir julle aardse lewe, omdat Ek hierdie sorg wel op My kan neem, maar nie vanuit die volheid van My Mag julle positiewe ontwikkeling kan bevorder, waarvoor julle vrye wil die voorwaarde is nie. Maar julle moet egter nie deur aardse bekommernisse verhinder word in julle geestelike strewe nie. Julle sal julle met volle selfvertroue net aan julle geestelike taak moet kan toewy. Daarom moet julle vol vertroue alle aardse sorg aan My kan oorlaat. Ek wil dit vir julle dra. Ek wil julle help in elke aardse nood. Ek wil as liefdevolle Vader vir My kinders alles doen wat vir hulle die aardse bestaan draaglik sal maak. Ek wil julle bedeel met voedsel en drank, met klere en woning. Ek wil julle gesondheid gee van liggaam en siel en niks sal julle ontbreek nie, as julle maar julle bes sal doen om die taak van julle aardse bestaan te vervul, om voortdurend die vorming van julle wese tot liefde na te streef en daardeur nader aan My as julle Vader van ewigheid kom. Wie probeer om My te wen, skenk Ek Myself en nog alles daarby wat hom gelukkig sal maak. Hy moet egter sy wil op aarde bewys, sy liefde en sy verlange na My. Hy moet lewe volgens My wil. Hy moet My gebooie nakom, wat slegs liefde vereis vir My en die naaste. Dan kan hy waarlik seker wees dat Ek alle sorg vir sy liggaamlike welsyn op My sal neem, omdat Ek nie Wil hê dat My kinders op aarde van hul geestelike strewe weerhou word deur sorge van allerlei aard nie en al mag dit ook lyk of My Liefde minder word en al mag dit ook lyk of Ek nie aan julle dink nie, wag geduldig tot Ek My duidelik aan julle bekend maak. Dikwels wil Ek dat julle van die hulp van Bo bewus word, wat eers kan gebeur wanneer julle skynbaar hopeloos teenoor 'n nood staan. Daar bestaan geen nood wat so groot is dat Ek dit nie kan oplos nie en daar bestaan geen liefde, wat so groot is soos Myne nie, wat altyd bereid is om te help, maar deur wyse beoordeling dikwels eers die tydstip afwag dat julle roep, om My aan julle te kan openbaar in My Liefde en Mag. Laat julle nie van julle wysie afbring deurdat Ek My so nou en dan verborge hou nie. Ek weet presies wat julle nodig het, soos Ek ook weet hoe Ek julle kan help, sodat dit 'n ware hulp vir julle sal wees. Vergeet egter nie julle siele, wie se nood waarlik baie groter is wanneer geen hulp gebring aan hul word nie, want die siel bly bestaan wanneer julle liggame vergaan en wat julle die siel aan sorg laat toekom het, kan nie meer van haar afgeneem word nie. Sy het skatte wat sy met haar saamneem in die ryk hierna en wat onvergelykbaar kosbaar is in vergelyking met dit wat die liggaam nodig het om op aarde te kan leef. Maar nooit sal julle bekommerd hoef te wees en besorg die toekoms inkyk nie. Net dit wat julle vir julle siele doen is belangrik. Laat al die ander aan My, julle Skepper en Vader van ewigheid, oor. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205