BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 370

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Jesus het die Woord van God gehoor – Middelaar tussen God en die mense 6145 Toe Jesus as mens op aarde gewandel het, was daar ’n verbinding tussen die aarde en die geesteryk tot stand gebring. God kon weer Self met die mense praat deur die mond van die mens Jesus. Sy Woord kon weer gehoor word, wat tevore onmoontlik was, as gevolg van die groot afstand wat daar tussen die mense en God bestaan het. Dit is slegs moontlik om Sy Woord regstreeks te verneem wanneer die siel van die mens haarself so gevorm het dat sy in staat is om die stem van die Goddelike Gees in haarself te verneem. En die vorming van die siel tot hierdie staat geskied deur werke van liefde. Die mens Jesus was die Liefde Self. Sy enigste denke en strewe was slegs daarop gerig om goed te doen aan sy medemens, om hulle te help in alle nood van liggaam en siel. Sy Siel was lig en suiwer en Sy wandel op aarde was 'n wandel in liefde. Alle voorwaardes was aanwesig wat die Goddelike Gees die geleentheid gebied het om Haarself te uiter. Want die Siel van die mens Jesus het hierdie uitinge helder en duidelik gehoor en kon dus die Woord van God aan die mense oordra. Deur Hom kon God Self tot die mense spreek. Die verbinding van God tot die mense was herstel. Jesus was die middelaar tussen God en die mense. En Jesus het nou die mense geleer om te strewe na dieselfde wat Hy Self bereik het. Hy het hulle geleer om liefde te beoefen, ten einde hulle voor te berei tot houers van die Goddelike Gees, waarin die krag van die Gees uitgestort kon word. Want elke mens moes en kon die stem van God in homself hoor. En die Weg was aan hom getoon deur die mens Jesus, wat ook eers die graad van Liefde moes bereik, wat Hom die teenwoordigheid van God gewaarborg het, sodat Hy in staat was om Hom Self in Homself te hoor. God spreek wel met elke mens, maar Hy sal dit nooit doen tensy die voorwaardes nie eers nagekom is nie, naamlik ’n hart deur liefde gelouter, wat nou vir God Self in homself kan opneem, Wie dan ook Sy teenwoordigheid sal bewys deur Sy toespreek. Die mens Jesus het 'n buitengewoon hoë graad van rypheid van siel besit, omdat Hy algeheel deurdring was deur die liefde. Dus was dit vir God moontlik om Hom geheel en al te vul en so het God vanuit die mens Jesus gespreek en nie meer die mens Jesus Self nie. Hy het uit Sy eie dit bereik wat gelei het tot die eenwording met God. Hy het egter Sy medemens onderrig, Hy wou hulle ook help om die sukses te behaal wat Hy verwerf het deur Sy liefde en daarom het Hy hulle eerstens die liefde geleer en steeds weer slegs die liefde. Uit Sy groot Liefde het die Wysheid voortgekom. Want die Gees van God het die mense onderrig deur Jesus. Uit die vuur van Sy Liefde het die Lig van Insig gestraal. Jesus het geweet dat mense ook deur die lig van insig deurdring sou word, wanneer hulle net in die eerste plek die liefde sou ontplooi. Dit is waarom mense nie in meer diepgaande kennis onderrig was nie, aangesien dit eers die gevolg word van ’n lewe in liefde, waarsonder dit sonder nut sal bly vir die mens se siel. Slegs die liefde verbind die mens met God. Slegs die liefde lei daartoe dat God in die mens woning kan maak en slegs die liefde gee Hom aanleiding om Homself te uiter. En dus sal iemand wat in die liefde leef, die Woord van God in homself verneem. Hy sal met die diepste kennis vertroud gemaak word en hy sal kan sê dat hy deur God onderrig word. Hy sal Sy Woord hoor en sal daardeur met Hom verenig deur die liefde. Die mens Jesus het aan die mense bewys dat dit moontlik was om hierdie graad te bereik en het hulle dus die weg gewys wat weer vanuit die diepte omhoog gelei het, na die Vader. Hy het mense van liefde geleer, Hy het liefde gelewe en uiteindelik Sy lewenswandel bekroon met Sy dood aan die kruis, ten einde mense vry te maak van alle swakhede wat hulle deel geword het a.g.v. hul sonde van weleer, sodat die mense nou ook self die krag kon kry om die weg te gaan, sodat die Gees van God Haarself nou in almal kon uitstort wat gewillig was om Hom na te volg, wie 'n lewe in onbaatsugtige naasteliefde lei, soos wat Hy aan hulle die voorbeeld voorgeleef het op aarde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205