BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 374

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wet van ewigheid: Liefde - Goddelike orde 6150 Daar bestaan ‘n ewige wet waaraan almal van julle julleself moet onderwerp indien julle geluksalig wil wees. Julle sal wel daarvan kan afwyk, julle sal ook in stryd met hierdie wet kan handel, maar dan gee julle ook julle geluksaligheid op, dan beland julle in ‘n toestand waarin alle harmonie opgehef is, waarin julle onsalig is. Die wet van ewigheid heet liefde. En nou weet julle ook dat wanneer julle in stryd met hierdie wet handel; julle sondig teen die liefde. Waar liefde is, is orde, harmonie en volmaaktheid. En daarom ook geluksaligheid. Word die liefde egter buite beskouing gelaat, dan word ook al die ander geruïneer. Uit die liefdeloosheid ontstaan ander eienskappe wat in stryd is met die wet, wat maar slegs daartoe bydra om ‘n ellendige toestand teweeg te bring en kwaad voort te bring, wat steeds toeneem en dus alle harmonie uitsluit, wat ‘n vereiste vir geluksaligheid is. ‘n Lewe in stryd met die wet van die Goddelike ordening, ‘n lewe in stryd met die liefde, sal sy uitwerking in ‘n chaotiese toestand hê, omdat dit nooit opbouende, maar steeds verwoestende, gevolge sal hê, totdat hierdie toestand uiteindelik ‘n vlak bereik het waarin hierdie verwoestende effek sigbaar word, waarin daar ‘n gewelddadige terugvoering na die Goddelike orde moet plaasvind, omdat die lewe van die mense op die aarde andersins in groot chaos, onmoontlik sal word en daardeur ook die hoofdoel van die skepping, naamlik die rypwording van die geeste in hierdie skepping, nie meer nagekom sou kan word nie. Maar God bring alles in orde. Hy herstel die orde sodra die tyd aangebreek het waarin die grense oorskry word, waarin dit die mensdom aan liefde ontbreek en hulle daarom heeltemal uit die Goddelike orde beweeg het. Maar so ‘n tot stand bringing van die Goddelike orde is uitermate smartlik, dit vereis ‘n harde hand, wat in orde bring wat verkeerd is, wat reg buig wat krom was. En die slagoffers sal die mense wees wat hulle verset en weerstand bied, wat deur hul liefdeloosheid bewys het dat hulle geheel uit die orde beweeg het. Hierdie moet deur ‘n louteringsvuur gaan wat hul weerstand nog kan breek voor die oordeel plaasvind, of hulle moet gedwing word om hulle te hou by die ewige orde, deur kluistering, waarteen hulle hulself nie meer kan verset nie. Die orde moet herstel word, terwille van die verlossing van die geeste. Die liefde moet weer heers op aarde, harmonie en geluksaligheid moet weer gewaarborg wees aan die bewoners van die aarde, wat hulle onderwerp aan die ewige wet, wat dus lewe in liefde en innige verbondenheid met God, Wie die ewige Liefde Self is. Die nakoming van God se wet bevry eers die geeste van hul kettings, wat hulle egter opnuut om die geeste sluit wat in stryd handel met die wet van liefde, tot die mate soos wat dit voor die einde van ‘n verlossingsperiode duidelik sigbaar raak, dat geestelik en aards slegs van chaos gepraat kan word, wat eens 'n totale vernietiging aan die gang sal sit. Eens sal die Goddelike orde herstel word, sodat die goeie die geluksaligheid kan bereik en die kwade verban kan word. Want God is die Heer oor hemel en aarde en voor Hom moet alles buig wat uit Hom voortgekom het. Sy Wil moet vervul word en Sy Wil is Liefde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205