BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 375

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Daar bestaan geen ewige verdoemenis nie! 6155 Daar bestaan geen ewige skeiding van God nie. Daar bestaan geen ewige verdoemenis, geen ewige dood nie. Want die oneindige Liefde van God skakel so-iets uit, Wie Homself bekommer oor elke wese, Wie Homself oor elke wese ontferm, al is hy nog hoe diep versonke en Wie ook nooit vir ewig dit aan Sy teenstander sal afstaan, wat uit die ewige Liefde voortgekom het nie. Dog daar bestaan ‘n skeiding van God gedurende oneindige lang periodes, wat egter nooit God se Wil is nie, inteendeel, dit is die wil van die wese self, dus kan daar ook nie van ‘n verdoemenis deur God gepraat word nie. Wanneer die wese so oneindig ver van God verwyder is, dan is dit sy eie skuld, sy eie wil en hy kan te alle tye hierdie skeiding verklein, hy kan te alle tye na God terugkeer, omdat God hom alle hulp ten deel laat val, sodra die wese maar self die wil het om na God terug te keer. Die wese skep dus die rampsalige toestand vir homself en die ongelukkige toestand bestaan daarin dat dit die wese aan lig en krag ontbreek, hoe vêrder hy homself van God verwyder, omdat hy die Liefde van God afwys, Wie Lig en Krag beteken vir die wese. Maar die Liefde van God span Haarself onophoudelik in om die wese, wie deur kragteloosheid dood is, weer terug te roep tot die lewe. Die Liefde van God is steeds bereid om krag en lig op die wese uit te straal, maar steeds met inagneming van Sy ewige ordening, van die wet wat op Sy Volmaaktheid gebaseer is. En daarom kan die tydsduur van die verwydering van God vir ‘n wese eindeloos lank wees. Die begrip “ewigheid” is dus nie heeltemal verkeerd nie, daar moet net geen toestand daaronder verstaan word wat nooit ophou nie. Maar vir die wese wat hom van God verwyder het, bestaan daar altyd die moontlikheid om ‘n einde te maak aan sy ongelukkige toestand, want hy bly nooit aan homself oorgelaat nie, maar word steeds deur God met Sy Liefde gevolg. Steeds word die moontlikhede gebied om homself te red en steeds is dit aan sy vrye wil oorgelaat om dit te benut. Want God se Liefde ken geen grense nie, Hy is nie haatdraend nie, Hy is steeds bereid om te help, te red, te verbly en gelukkig te maak, want dit is altyd Sy skepsele wat eens deur die krag van Sy Liefde in die lewe geroep is en wie Hy nooit as te nimmer sal opgee nie, al is ewige tye daarmee gemoeid. Maar dit is onmoontlik om vir ‘n wese ‘n lewe vol lig en krag terug te gee, wat homself afsluit vir die Oerbron van Lig en Krag. Die vrye wil is die kenmerk van al die goddelike en die uitskakeling van die vrye wil sou beteken dat die wese van sy goddelikheid ontdaan word, hom ewig onvolmaak te laat en daarom ook ewig ongelukkig, in ‘n rampsalige toestand wat God se Wil sou wees. Maar God wil aan Sy skepsele ewige geluksaligheid besorg en daarom het Hy hulle ‘n vrye wil gegee, gevolglik kan die wese nou self bepaal, of en hoe lank hy homself van God verwyderd wil hou of na God se Liefde en teenwoordigheid verlang. Maar vir ewig sal geen wese voor die Aangesig van God verstoot word nie, want Sy Liefde is so sterk, dat Hy weer alles na Hom sal terugvoer wat eens van Hom uitgegaan het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205