BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 376

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Voorbidding vir siele in die duisternis 6157 Ek wil barmhartigheid beoefen teenoor almal wat julle in liefde aan My toevertrou. Daar is 'n groot nood in die ryk hierna, in die besonder vir die siele wie geen voorspreker het op aarde nie, wie vergeet is deur die mense, of so min liefde verwerf het, dat daar slegs met misnoeë aan hulle gedink word. Al hierdie siele het 'n bittere lot. Hulle bevind hulself in kwellende duisternis en is heeltemal sonder krag, sodat hulle hulleself net nie kan red nie, maar aangewese is op hulp. Hulle maai wat hulle gesaai het en hul lot is nie onregverdig nie. Dit is nie onverdiend nie, want sulke siele kan niks anders verwag as wat hulle self verwerf het gedurende die lewe op aarde nie, waar hulle heeltemal sonder liefde was. Tog moet hulle ook gehelp word. En hul vermiste liefde moet van ’n ander kant gebied word, wat Ek egter ook aanneem en ten gunste van hierdie siele laat kom. Wat julle hierdie siele aan liefde skenk, kom hulle weer as krag toe, wat hulle nou kan gebruik in ooreenstemming met hul wil. 'n Siel wat deur julle liefde krag toegevoer kry, weet egter ook met watter doel dit haar toekom. En sy is so dankbaar vir die hulp, dat sy ywerig haar bes sal doen om die krag te laat toeneem, sodat sy nou ook die krag sal gebruik om in liefde werksaam te raak. Sy sal nooit die liefde van 'n mens verwerp, terwyl sy dieselfde pogings van die kant van die ligwêreld af gereeld weerstand bied, omdat sy nie glo aan dit wat hulle vir haar sê nie. Want die ligwesens staan in dieselfde hoedanigheid voor hulle en daarom word daar nie na hulle geluister nie. Maar mense op aarde, in die besonder hulle met wie hulle noue bande gehad het, bereik baie meer. Want die ongelukkige siele kyk op na hulle, omdat hulle die liefdeskrag as 'n straal van hulle sien uitgaan, wat vir hulle 'n weldaad is. Julle mense het groot mag oor die siele in die duisternis, wanneer julle in liefde aan hulle dink, wanneer julle hulle wil help. Want hulle voel dit en hulle het vertroue in julle en luister na julle as julle hulle verwyt of aan hulle die evangelie verkondig. En al is 'n siel nog hoe hardkoppig, al is sy nog hoe blind en onkundig, julle liefde sal hierdie toestand verander. Sy verstaan julle dadelik wanneer julle gedagtes vervul is met liefde en dan neem sy dit ook aan. Sonder liefde is daar geen vooruitgang nie, nie op aarde nie en ook nie in die geestelike ryk nie. Sonder liefde is daar geen verlossing vanuit die diepte nie. En Ek skenk die siele in die duisternis hierdie groot genade, sodat die liefde wat vanaf die aarde aan hulle geskenk word, duidelik as lig sigbaar raak, as lig wat hulle hoop gee en wat nooit tevergeefs straal nie. Diegene waaraan julle dink, wie se nood julle aanspoor om na My om hulp te roep, is waarlik nie verlaat nie. Want wat julle My gee deur julle liefde vir hierdie siele, gee Ek ook deur. En Ek dra my boodskappers in die geestelike ryk op om hulp te bied van besondere aard. En dit sal nie sonder sukses wees nie. Aan die siele in die ryk hierna word daar van die kant van die mense slegs weinig gedink. Die geloof aan 'n verdere lewe is nie so sterk verteenwoordig nie en daarom is die verbindings ook vir die meeste mense opgehef. Sorg vir die geestelike welsyn hou hulle nie besig nie en daar volg die siele maar weinig gedagtes na. Ook om die mense op aarde heen is dit duister en die siele keer nie terug na waar hulle niks vind wat hulle goed doen nie. Dink ook aan die siele wat geen voorbidding kry nie. Roep hulle na julle toe met die wil om hulle te help. Laat julle liefde ook in die diepte skyn, want steeds sal 'n siel aan hierdie ligstraal vasklou en omhoog klim en sy sal na julle kom vanwaar die lig na haar toe skyn. Gee haar dit waaraan sy gebrek ly: Lig en Krag. Leer haar om My Woord te ken en julle sal slaag om redding aan haar te bring, omdat My woord hierdie krag het, sodat sy dit steeds sal wil hoor en haarself daarom steeds daar sal ophou waar voedsel en drank vir haar aangebied word, wat julle liefde vir haar toeganklik kan maak. En hierdie verloste siele sal julle ewig dankbaar wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205