BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 381

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vryheid van wil - Goddelike orde 6166 Deur 'n oneindige lang tydperk van ontwikkeling het julle siel 'n mate van rypheid bereik, wat haar toegelaat het om te beliggaam as 'n mens, sodat sy nou as haar ware self, bewus van haarself is en in staat om op aarde in haar eie vrye wil te lewe. Wel met 'n taak, maar sy word nie gedwing om dit te bereik nie. Julle mense behoort te weet wat die vrye wil vir elke wese beteken. Julle behoort te weet dat vrye wil aan julle oorgelaat word, want dit is die eienskap van Goddelike lewende skeppings. Tydens julle vorige tyd van ontwikkeling was hierdie vrye wil inderdaad beperk, maar net omdat julle julle goddelikheid self verbeur het, want julle het vrywillig wegbeweeg van My, julle Elohim en Vader van ewigheid en het sodoende goddeloos geword. Toe bind Ek julle wil om julle terugkeer na My moontlik te maak. Deur julle wil te beperk, het Ek julle net gehelp, sodat julle in staat sou wees om weer julle vryheid van wil in die goddelike orde te gebruik, wat in die vorige toestand van ontwikkeling onmoontlik was. Julle wil het die verkeerde weg geneem en Ek het dit weer volgens My wil gerig. Die geestelike wesens het die weg van My ewige orde in 'n toestand van dwang gegaan. Maar dit was nie bedoel dat hulle vir ewig sonder 'n vrye wil sou bly nie, want hulle moes weer goddelike wesens word, soos hulle was in die begin, wat ook onteenseglik ‘n vrye wil vereis het. Julle bestaan as mens is dus aan die geestelike wesens verleen vir die toets van julle wil. Die sonde van die verlede, toe die vrye wil misbruik was, moet in die toestand van vrye wil herken word en deur die korrekte gebruik van hierdie wil, moet vergoddeliking weer bereik word. Die wese moet vrywillig streef na hoër vlakke, net soos wat sy eens vrywillig geval het. Vrye wil is dus die verduideliking vir baie dinge wat vir julle mense onverstaanbaar lyk, alhoewel Ek julle sekerlik altyd kan help en dit in elke opsig doen. Maar julle moet die omvorming van julle natuur tot goddelike skepsele self bereik, anders sal julle nooit in staat wees om die graad te bereik wat vereis word vir vergoddeliking nie. Want Ek wil kinders wen, Ek wil nie diere sonder wil toerus met vermoëns wat hulle moet gebruik volgens My wil nie. My doelwit is om Myself te omring met kinders wat in staat sal wees om vrylik te skep en te werk, wie se wil in totale ooreenstemming met Myne sal wees, maar nogtans vry. My doel is geluksalige lewende skepsele vol lig en krag wat sal streef na hulle geluk, hulle lig en hulle krag vanuit hul eie vrye wil en wat vir hierdie doel, deur die aardse lewe as mens moet gaan, ten einde hul wilstoets te slaag, wie Ek sekerlik altyd sal ondersteun, maar nooit sal dwing nie, want dit sou die ewige vryheid en saligheid onmoontlik maak. Ek laat julle jul vrye wil behou, maar Ek help julle altyd om dit korrek te gebruik en dit sal altyd moontlik wees om julle doel te bereik. Dit is waarom die aardse lewe ‘n gewigtige betekenis vir julle het, want dit bepaal julle toestand vir die ewigheid, wat julle self skep vanuit julle eie vrye wil. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205