BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 386

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die korrekte benutting van die tyd op aarde 6185 Die lewe op aarde is kort, maar eindeloos lank is die tyd daarna. Daarom moet julle mense hierdie tyd op aarde goed benut, julle sal alle laste op julle moet neem en alle krag moet benut vir die heil van die siele. Julle sal moet afsien van die aangename van die lewe, om deur die afsien die reg op geestelike goedere te verseker, wat vir julle lot sal bepaal in die ewigheid, na die dood van die liggaam, wat slegs die voordeel het van aardse goedere, maar dit nie vir altyd mag behou nie. Die duur van die aardse lewe is soos ‘n oomblik, vergeleke met die ewigheid en aan hierdie oomblik moet julle nie soveel belang heg en dit tog as uitermate belangrik vir julle siele beskou nie en julle moet dit dus slegs geestelik probeer benut. Vir julle aardse bestaan het julle weliswaar ‘n tydsbesef, waar die dae en jare vir julle as lank voorkom. Dink egter daaraan dat eindelose tye reeds die aardse lewe voorafgegaan het en dat die ewigheid volg. Julle is egter slegs van die tyd van die aardse lewe bewus en dit beteken daarom alles vir julle. Maar julle weet dat julle liggaam moet sterwe; julle weet dat alles wat wêrelds is, verganklik is, julle weet dat na julle dood niks vir julle tot nut kan wees wat vir die liggaam onontbeerlik was, wat hom welbehae verskaf het nie. Hou dus eerstens rekening daarmee en wees besorg oor wat julle na die liggaamlike dood te wagte staan. Julle kan tydens die aardse lewe ‘n buitengewone heerlike bestaan vir julle siele voorberei, maar ook ‘n toestand van kwelling en duisternis. En steeds weer word aan julle gesê dat julle vêrder lewe. Julle is nie onwetend daaroor nie, ook nie as julle dit nie wil glo nie. Hou daarom tog rekening met die moontlikheid en neem voorsorg. Lei ‘n opregte lewe op aarde en heg julle harte nie aan materie nie, wat tog weer afgeneem word. Sorg nie vir die liggaam ten koste van julle siele nie. Sorg eerstens vir die siel en dan sal ook die liggaam niks hoef te ontbeer nie, maar laat julle gedagtes nie verkeerde weë gaan waardeur julle vanweë die liggaam die siel gebrek laat ly nie, want die siel is julle eintlike ek, die ek wat onverganklik is en wat eens salig kan wees, indien julle op aarde vir die geluksaligheid besig was en gewerk het. Die mooiste ure op aarde gaan soos in ‘n roes verby, die aardse genot maak julle nie vir ewig gelukkig nie, die lewe op aarde gaan vinnig verby, maar die lot in die ewigheid sal julle nie ontgaan nie en dit sal wees ooreenkomstig die lewe wat julle op aarde gelei het, - ewige lewe of geestelike dood. Julle alleen kies die toestand in die ewigheid, want julle is vry om te kies welke lewe julle op aarde wil lei. Skat julle aardse lewe op die korrekte waarde, dat dit julle siele volmaaktheid oplewer en nie net vir die welbehae van die liggaam benut word nie, want julle verblyf is slegs kort op hierdie aarde, maar die ewigheid is eindeloos lank. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205