BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 389

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die hoor van die Woord eers na die kruisdood 6195 Die hoor van My Woord is vir julle 'n uiting van My Gees wat in julle werksaam is, sodra julle die voorwaarde vervul, naamlik dat julle julle harte tot liefde omvorm. Ek het julle beloof dat Ek My Gees sal stuur, Wie julle in alle Waarheid sal lei. Solank as wat Ek Self op aarde gewandel het, het My Gees by julle en in julle gewerk indien Ek dit wou. Maar alleen, sonder My toedoen, sou die mense My stem nog nie kon verneem nie. Want in daardie tyd was die mensdom so volledig in die mag van My teenstander, dat hy dit nie toegelaat het nie, want die mense was nog nie verlos nie. Tog het Ek voor die tyd van My geboorte voortdurend deur die mond van profete gespreek. Hierdie profete was toe deur My Gees gedrewe. Ek het hul mond gebruik om Myself deur hulle te uiter, om te spreek tot die mense wat hulleself van My afgewend het. En hierdie profete moes spreek soos wat My wil hulle beveel het. Die oertoestand, naamlik om My stem regstreeks te verneem, het al ‘n lang tyd voor My geboorte by die mense verlore gegaan. Dit was maar steeds enkeles, van wie die hart aan My behoort het, en wat as siele van bo leidsters moes wees vir hul medemens, wat op ‘n baie groot afstand van My gestaan het. Want die mag van die satan oor alle mense, wat hy in die eerste plek gebruik het om die mense van My af weg te trek, was nog nie gebreek nie. En hierdie mag moes Ek eers breek deur My kruisdood. Ek moes die mense verlos. Ek moes die verbinding tot stand bring tussen die ryk van die lig en die mense, sodat die weg na My vry kon word vir hulle wat dit ernstig wou neem. Die mense was deur My dood gebore tot ‘n nuwe lewe. Die mense wat vrywillig hierdie wedergeboorte nagestreef het, deur 'n lewenswandel in liefde, ooreenkomstig My lewenswandel op aarde, was nou met My Gees vervul. My Gees kon in hulle werk. Ek was dus Self by die mense aanwesig en so kon hulle nou ook My stem hoor. Ek kon hulle Self aanspreek, en Myself van hulle bedien om tot die mensdom te spreek. Ek kon elkeen afsonderlik voorsien van voedsel vir sy siel. Ek, die Woord van ewigheid, kon Myself aan hulle as spys gee. Maar dit was eers moontlik deur My verlossingswerk, aangesien die mense andersins nie die wedergeboorte van die siel kon verkry het nie, omdat hulle andersins nie die ryk van duisternis sou kon verwissel vir die ryk van die lig nie. Ek het aan My leerlinge gesê dat Ek My Gees aan hulle wil stuur. Ek het hulle weliswaar onderrig deurdat hulle My stem in hulself kon hoor, maar hulle kon nog nie heeltemal verstaan wat Ek tot hulle gespreek het nie, omdat hulle ook nog in die kluistering van My teenstander was, wat Ek eers verbreek het deur My kruisdood. Toe stuur Ek aan hulle My Gees, Wie by My leerlinge sigbaar met Haar werk aangegaan het. Maar dit uitstorting van My Gees kan alle mense nou self ervaar, al is dit nie in ‘n duidelike vorm nie. Hulle kan hulleself deur hul wil in 'n situasie plaas waarin hulle met My in verbinding kan staan. Hulle kan deur 'n lewe in liefde volgens My voorbeeld wedergebore word. En nou kan die Vader met Sy kind spreek en die kind sal Hom hoor. Die Vader kan nou Sy kind die ware kos gee wat hy nodig het om volwasse te word, om dit te word wat sy doel is op aarde, naamlik 'n wese vol krag en lig wat weer die oertoestand moet binnegaan waarin hy eens geskape was. Die ontvangs van My Woord is die teken van die werksaamheid van die Gees in die mens. Dit is die uitgiet van die Gees, wat nou eers deur My verlossingswerk moontlik gemaak is. Die mens moet homself vrywillig met My verbind deur die liefde. Dan eers het hy die wedergeboorte by homself voltrek en dan eers kan Ek hom die brood uit die hemel verskaf, naamlik My Woord. En dat hy daartoe in staat is, daarvoor het Ek aan die kruis gesterf en vir hom die genade van 'n versterkte wil verwerf. Want vroeër het My teenstander hom vasgeketting en hom verhinder om hierdie innige verbintenis met My te hê wat vir die hoor van My Woord noodsaaklik is. Maar die mense wat tevore waardig bevind is om My stem te hoor, vervul daarmee die opdrag, ten behoewe waarvan hulle siele beliggaam is op aarde. Dit was maar altyd enkele mense wat 'n missie gehad het om te vervul: om te wys op My geboorte en die mense tot geloof te bring. Maar sedert My kruisdood is dit vir alle mense moontlik om My te hoor, vir elkeen wat dit maar ernstig wil, wat My gebooie onderhou en dus die voorwaardes vervul waaronder Ek Myself kan openbaar. In die geloof in Jesus as God se Seun en Verlosser van die wêreld in wie Ek Myself kon beliggaam, word die mens ook die krag gegee om My wil te vervul. Hy kan nou, sonder om verhinder te word deur My teenstander, die weg van die liefde gaan en homself omvorm tot 'n opnamehouer van My Gees, wat voorheen maar vir weinig moontlik was. Maar hierdie weiniges was nog met die sondeskuld belaai en daarom was ook vir hulle die weg na My nog nie vry nie. Die liefde, wat die band tussen die mense en My tot stand gebring het, was deur die inwerking van My teenstander byna totaal afgekoel. En daarom was die mense ook uitermate ver van My verwyder. Deur die mens Jesus was hierdie verwydering verklein. Hy was heeltemal met My verbind en Hy het gely en gesterf vir die mense om die skuld wat ons geskei het, tot niet te maak, sodat die mense nou ook ongehinderd na My kon kom en kon ook die stem van die Vader verneem. Die oertoestand wat 'n graad van volmaaktheid vereis, moes herstel word. Maar hierdie graad van volmaaktheid was slegs te bereik na die totnietmaking van die groot oerskuld van hulle afkeer van My. Dus het Ek die dood aan die kruis vir julle gesterf, omdat hierdie skuld andersins nie tot niet gemaak kon word nie. En nou kan elke mens die graad bereik wat hom in staat sal stel om My stem te hoor. Elke mens kan homself tot opnamehouer van My Gees vorm. En Ek kan nou My Gees uitgiet in elke mens wat 'n lewe lei volgens My wil en My gebooie nakom. Aan hom kan Ek Myself openbaar soos wat Ek dit beloof het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205