BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 390

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Elke persoon word deur God aangespreek 6200 In elke lewensituasie kom God julle tegemoet om julle te motiveer om met Hom kontak te maak, ten einde uit die aardse- na die geestelike gebied oor te gaan en julle geestelik oor te plaas in laasgenoemde. Solank as wat julle mense julle aardse lewensweg met suiwer aards gefokusde gedagtes gaan, sal julle 'n onsuksesvolle aardse lewe hê, julle sal niks vir julle siele bereik ter wille waarvan julle op die aarde is nie. En indien julle teen die tyd dat julle liggame sterf, nie hierdie houding van julle verander het nie, sal julle bestaan as mens en die genade van julle beliggaming heeltemal nutteloos gewees het. Julle is nie bewus van die ernstige betekenis van die aardse lewe nie, julle is onbewus van die geweldige berou wat julle sal hê as julle uiteindelik in die hiernamaals besef wat julle nagelaat het om deur julle eie skuld te doen en wat julle kon bereik het, indien julle reg gebruik gemaak het van julle lewe as mens op aarde. En omdat julle geen gedagte spandeer om hieroor na te dink nie, kruis God gereeld julle weg. Hy bied julle gereeld 'n rede om te dink oor die eintlike doel van julle aardse lewe, Hy affekteer julle min of meer so dat julle Hom moet voel en kan begin wonder, Hy kom Self in julle gedagtes, maar laat dit vir julle vrye wil of julle julself wil besig hou met Hom en of julle toelaat dat julle geestelik aangespreek word deur Hom. Hy forseer nie, maar Hy is voortdurend bekommerd dat julle na Hom toe moet kom, sodat julle nie julle lewe op aarde tevergeefs leef, sonder enige sukses vir julle siele nie, wat steeds bly bestaan nadat julle liggame vergaan het. Niemand sal kan sê dat hulle nie aangespreek was deur God nie, want elke slag van die noodlot, elke siekte, elke hartseer is 'n uitdrukking van God waardeur Hy Homself openbaar, waardeur Hy probeer om die gedagtes weg te lei van die wêreld en die persoon te motiveer om selfondersoek te doen. Elke mens word ure van privaatheid toegestaan waarin hy in afsondering kan gaan en kontak kan maak met God. Enigiemand wat net 'n gedagte aan Hom gee, sal liefdevol deur Hom opgeneem word en voeding ontvang vir sy gedagtes, tot voordeel van sy siel. Dit maak nie saak hoe vêr weg die persoon nog van God af is deur sy eie wil nie. God volg hom en probeer om hom te oorreed om om te draai, maar altyd op verskillende maniere. Daar is egter geeneen wat aan sy eie lot oorgelaat word nie, God slaan niemand oor in Sy poging om hul denke te verander nie. Niemand hoef sonder die liefde van God te wees nie, want alle mense is Sy lewende skeppings, wie Hy wil terugwen as kinders. Hy strek Sy hand uit na almal, maar die mens moet Sy hand vrywillig aangryp en hom sonder weerstand laat trek. Dan sal sy aardse lewe nie tevergeefs wees nie, die siel sal voordeel daaruit trek en hy kan dan rustig wag op die uur van die dood, want dit sal net die poort na die ewigheid wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205