BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 392

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vergoddeliking van die geskape wesens 6207 In die begin was julle almal aan My kant, omdat My Liefdeskrag wat julle na My getrek het, julle heeltemal deurdring het. Julle het 'n toestand van hoogste geluksaligheid geniet, omdat julle goddelike wesens was, julle was My gevormde uitstralings van liefde, vorme van die hoogste intelligensie en in besit van lig en krag wat julle op julle beurt in staat gestel het om skeppend besig te wees. Julle was volmaakte wesens, ewebeelde van My Self, met slegs die verskil dat julle uit My voortgekom het, terwyl Ek Self van ewigheid af is en buiten My geen skeppende krag heers nie. Gevolglik het alles uit My ontstaan en alles was My werk. So het ook die eerste geskape wese wat julle almal se verwekker was, met My toestemming en met die gebruikmaking van My krag, julle almal geskep. Ook hierdie wese was My werk en nie soos hy wil hê dat julle moet glo dat hy self die skeppende krag was nie. Talle ontelbare wesens is in die lewe gebring deur hierdie wese, want hy wou skeppend gebruik maak van die konstante instroming van krag van My af. Hy was inderdaad in staat om dit te doen, want Ek het hom as 'n volmaakte wese geskep “aan My gelyk” en buite My geplaas juis vir hierdie doel naamlik om die oneindige geesteryk vir sy eie geluksaligheid te vul en te verlewendig. Wat My gelukkig gemaak het, moes ook My eerste geskape wese gelukkig gemaak het en daarom het Ek hom onbeperkte lig en krag gegee. Ek het aan hom ‘n vrye wil gegee wat hy na eie goeddunke kon gebruik, maar volgens My wil, indien hy werksaam wou wees, beantwoordend aan sy volmaaktheid. Maar sy wil het homself ontwikkel teen My wil, wat inderdaad wel moontlik was, aangesien die wese heeltemal vry geskape was, deurdat sy volmaaktheid nooit bevraagteken sou word deur enige dwang hoegenaamd nie. Tog sou dit onmoontlik gewees het, indien die wese meer na My Liefde gestreef het as na My krag. Indien hy tevrede sou gewees het met die krag van My Liefde, sou hy Haar voortdurend ontvang het. Die enorme aantal van sy wesenlike skeppings, wat deur sy en My Liefde in die lewe geroep is, het die verlange in hom gewek om oor hulle te heers. Maar dit sou nie moontlik gewees het om hierdie skepsels van My te skei nie – omdat hulle vervul was met My liefdeskrag, wat hul onlosmaaklik met My verbind het, - indien Ek hulle nie self sou vrygelaat het nie, wat Ek ook terwille van die vergoddeliking van My wesens gedoen het. Julle wat volmaak geskape was, julle sou vir ewig slegs My skepsels gebly het. Werke wat slegs volgens My wil kon dink en handel, maar nie in ooreenstemming met die beeld wat Ek Myself voorgestel het toe Ek julle geskape het naamlik vrye, in die hoogste volmaaktheid staande en werksame kinders wat wel volgens hul eie vrye wil aktief was, wat egter as gevolg van die liefde vir My ook My wil was. Dit wou Ek bereik en daarom het Ek julle vrygelaat, sodat julle julleself kon omvorm tot dit wat Ek vir Myself as doel gestel het. Ek het julle My liefde nie ontsê nie, maar het ook nie die eerste geskape wese verhinder, nou my teenstander, om netso op julle in te werk nie. Maar julle was ook toegerus met 'n vrye wil en kon nou vry besluit: - vir My of vir hom. Julle hoef nie te geval het nie, want julle het in die lig gestaan en kon My liefde voel en julle hierdeur na My laat trek het. Maar hy het ook 'n groot invloed op julle gehad en hieraan het julle ten prooi geval. In vrye wil het julle hom gevolg, wie julle egter geen geluksaligheid geskenk het nie, maar het julle die diepte ingetrek. Want hy het homself verset teen My. Hy het teen My opgestaan. Hy het My liefdeskrag buite werking gestel. Ek self het Haar nie vir hom ontsê nie, maar hy het hom so vêr van My verwyder dat My Liefdestraling steeds swakker gewerk het omdat hy openlik daarteen weerstand gebied het in die geloof dat hy self genoeg krag besit het in die skare van sy aanhangers wat hy saam met hom na benede getrek het die diepte in. Julle almal moes nou My liefdeskrag ontbeer, ofskoon Ek Haar nie self van julle onttrek het nie. Inteendeel, julle het Haar verwerp en het daarom kragteloos en duister van gees geword. Die oorspronklike toestand van ondenkbare geluksaligheid het julle vrywillig opgegee. Maar julle sal nie vir ewig in julle selfgekose toestand bly nie, omdat My Liefde julle nie opgegee het nie, omdat julle ook My skepsele is wat Ek nooit vir ewig in 'n toestand sal laat wat heeltemal teen julle bestemming en julle ontstaan indruis nie. Die doel wat Ek Myself eens gestel het, naamlik die vergoddeliking van die wesens wat Ek geskape het, sal Ek nie opgee nie. Ek sal dit bereik en ook julle wat nog ongelukkig is, as gevolg van julle vroeëre opstand teen My, julle sal ook eendag weer die ligryk kan ingaan. Julle sal julle verheug in onbeperkte krag en sal geluksalig wees. Maar met dwang werk Ek nie op julle in nie; in volle vrye wil sal julle self die weg moet gaan wat teruglei na My, terug na die volmaaktheid wat eens julle deel was, wat julle weggegee het, maar onherroeplik eendag weer sal bereik, omdat My liefde slegs hierdie een doel nastreef, naamlik dat julle as My kinders in lig en krag en geluksaligheid werksaam sal wees en sal skep in My ryk. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205