BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 404

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verwerwing van geestesgawes 6241 Die gawes van die Gees sal aan elke mens gegee word wie ernstig daarna streef. Dit kan nie aan julle geskenk word nie, dit moet verwerf word deur die nakoming van My gebod van liefde tot God en die naaste, deur ‘n lewe volgens My Wil. Want sodra My Wil vervul is, bevind die mens homself in My ordening van ewigheid en lig en krag sal hom deurstroom soos wat dit in die begin was, aangesien hy volgens My Ewige ordening volmaak geskape is, dit wil sê, as ‘n wese gelyk aan My. My Gees deurstraal die wese; en My Gees kan hom ook nou weer deurstraal, sodra hy weer as mens My ewige ordening binnegegaan het. Dit moet vir julle wel begryplik wees dat My Gees nooit in ‘n mens kan werk wat buite My ordening leef nie, dat hy dus nimmer die gawes van die Gees sal kan besit nie. Daarom vereis ook elke ontvangs van die woord die werking van My Gees in die mense. Want om My Woord te ontvang, beteken om in die volle waarheid onderrig te word, om My Wese vir julle mense begryplik te maak, om te weet wat die beweegredes en die oorsaak is, wat die sin en die doel van My bestuur en werke is, sodat alles vir julle duidelik sal wees. Om in die waarheid onderrig te word, beteken om in insig binnegelei te word wat eens julle s’n was, wat julle egter verloor het deur julle eie skuld. Julle almal kan haar vir julle verwerf, niemand word daarvan uitgesluit nie, dog kan niemand haar verkry wie niks daarvoor doen nie, wie sy wese nie omvorm tot liefde wat alleen die verbinding van die gees wat in hom sluimer met die Vadergees moontlik maak, sodat Ek nou Self deur My Gees in hom kan werk. Daaruit volg dat die verbinding met My steeds tot stand gebring moet word en dat dit ‘n bewustelike strewe na My vereis. Wie homself nou met My in verbinding stel, die het sy een voet reeds vrywillig in My Ryk geplaas, hy het sy weerstand opgegee en sy wil geheel en al na My gekeer en wat hom ten deel gaan val kan nou nie anders wees nie as: Lig en Krag wat hom nou uit My Ryk aangebied word. Die binnelei in die Waarheid deur My Gees, deur My Woord, is dus ’n geskenk, ‘n gawe wat Ek elkeen laat toekom wat homself deur eie wil tot ‘n graad van volmaaktheid opgewerk het, wat die voorwaarde is vir die verlening van Geestesgawes. Die mens kan steeds ongehinderd My ryk betree indien Ek sy doel is. Solank Ek egter nog eenkant toe geskuif word in sy denke en strewe, word die toegang hom geweier. Maar hy kan dan deur My teenstander in sy ryk binnegeloods word, wat hom laat glo dat hy by ‘n goeie doel aangeland het, wie ook presies weet wat die mens nastreef en hom ooreenkomstig sy verlange laat toekom wat hy soek. Dit geld vir die mense wat van weetgierigheid vervul is, dog nie terwille van die waarheid nie, maar slegs terwille van eie voordeel. Die wat wil weet om iets te kan beteken, maar nie om te getuig van My en vir My nie. Ook dit sal hy ontvang, maar dan van hom wat teen die waarheid is, omdat hy teen My is. Egte gawes van die Gees sal ‘n kind op aarde egter slegs ontvang indien hy My geheel en al toegedaan is, wat daarom ook in die volle waarheid vasstaan omdat hy My daarom versoek het en daarom ook duidelik sal insien wat waarheid en wat dwaling is. Wie se verlange na die waarheid alle toegang vir My teenstander belet; omdat hy die verbinding tussen die kind en My as ‘n helder verligte straal herken, wat hy sal ontwyk, omdat hy nie self daardeur aangeraak wil word nie. Des te meer gaan hy egter sy gang waar hy toegang vind deur verwante denke en strewe bekend aan hom, want steeds sal hy daarop uit wees om die lig te verbloem wat die mense die korrekte weg aanwys. Steeds sal hy teen My werk, maar sy ware gesig agter ‘n masker verberg, want dit is die tyd van die einde en hy weet dat hy nie baie meer tyd het nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205