BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 406

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Lucifer se verlossing – weerstand teenoor wilsbeproewing 6245 Die wêreld met al haar skeppings dra die gees in haarself, wat in verskillende grade van ontwikkeling staan, wat nou ook die geaardheid van die verskillende skeppings bepaal. Die heeltemal ryp gees, wat in die lig staan, het geen materiële skeppings meer nodig nie, terwyl die onrype gees materiële skeppings nodig het as sy verblyfplek, om daarin tot volle ontwikkeling te kom. En so kan julle wel sê dat die sigbare skeppings die ryk van My teenstander is, omdat hulle juis die gees bevat, wat nog aan hom wil behoort. Tog kan hy hulle nie oorhaal om volgens sy wil werksaam te wees nie, omdat die mag oor die gees wat in die skeppings gebonde is, van hom ontneem is. En daarom is dit ook moontlik dat 'n positiewe ontwikkeling van die gees in die skeppingswerke sal plaasvind, sonder om deur My teenstander verhinder te word, en dat die tyd eens vir die gees sal aanbreek, waarin hy weer in besit van die vrye wil kan besluit, aan wie hy wil behoort; My of My teenstander, wat egter nooit moontlik sou gewees het indien hy soos tevore onbeperkte invloed gehad het op die gees in die toestand van die gebonde wil nie. En so volg daaruit, dat die mag van My teenstander al gebreek is en slegs op die mense betrekking het, dus eintlik net die mens beset wat hom nie deur My laat help nie. Die skepping was die gevolg van die gesindheid van die eersgeskape wese. Dit was die gevolg van die misbruik van sy wil. Want Ek het My oor alle skepsele ontferm wat deur hom mislei is en het 'n weg gemaak wat uit die diepte terugvoer na omhoog. Ek het hulle van sy mag onttrek en hulle in die skeppings gekluister, maar die invloed oor die mens moes Ek aan hom laat, omdat dit om 'n vrye keuse gaan vir My of My teenstander en omdat diegene aan hom behoort wie in vrye wil by hom wil bly. Bowendien was hy die eerste wese wat uit My Liefde voortgekom het. Ek het hom as My ewebeeld buite My geplaas as ’n vrye wese en Ek sal nooit hierdie wese se reg betwis nie. Maar Ek sal ook nooit die wesens wat in dieselfde volmaaktheid uit My voortgekom het, dieselfde reg ontsê om vry te besluit nie. En daarom moes Ek hulle aan sy invloed onttrek, totdat hulle self in staat sou wees om die vrye wilskeuse te neem. En daarom het Ek die skepping laat ontstaan. Ek het die gevalle wesens as te ware omvorm. Omdat hulle nie hul aanvanklike bestemming nagekom het nie, het Ek die eens uitgestroomde Krag vir die skep van die wesens op 'n ander wyse werksaam laat word in skynbaar dooie en in skeppings wat van lewe getuig, wat nou hul bestemming moet nakom volgens My Wil. Nou was die wil van My teenstander dus heeltemal uitgeskakel, totdat die krag weer byeen sou kom en geleidelik weer tot ’n wese word, wat eens van My uitgegaan het. Maar hierdie wese moet nou weer die volle vryheid hê om te besluit en moet daarom ook aan die invloed van My teenstander blootgestel word, eweso aan Myne en in vrye wil op sy doel afstuur. Dus regeer My teenstander weer in sy wêreld, want die wese behoort nog aan hom totdat hy homself vrywillig van hom afwend en op My afstuur. Die vyandskap tussen My en die eersgeskape wese bestaan sedert sy afval van My en sal solank bly bestaan as wat hy nog sy aanhang sal hê, wat eens die begeerte om te heers in hom laat opkom het. Eers moet hierdie aanhang verlos word, voordat ook My teenstander na My sal terugkeer, dus indien hy nie meer as vyand teenoor My sal staan nie. Want sou My teenstander besluit om terug te keer, dan sou die terugkeer van al die gees ook gewaarborg wees, omdat hulle dan in die stadium van die vrye wil nie meer aan die invloed van My teenstander blootgestel sou wees nie en die in “julle moet” toestand ’n graad van rypheid sou bereik wat ook 'n verdere afstuur op My sou verseker. Maar slegs 'n vrye wilsdaad kan 'n vergoddeliking van die wesens tot stand bring. Die vergoddeliking vereis 'n weerstand wat in vrye wil oorwin moet word. En My teenstander bied hierdie weerstand in groot mate en hy sal dit nog vir eindelose tye bied. En vir so lank sal daar ook aardse skeppings bestaan. So lank sal die een verlossingsperiode die ander opvolg, want sy val in die diepte was so eindeloos, dat hy ewige tye nodig sal hê om saam met sy aanhang omhoog te kom. Maar die skeppingswerk was 'n daad van genade en erbarming aan die gevalle gees, waaraan die eerste gevalle gees homself ook sou kon onderwerp, indien hy sy wil sou opgee en homself ook deur My omhoog sal laat trek. Maar sy wil bind Ek nie, want hy was vry en as My ewebeeld buite My geplaas. En hierdie vryheid laat Ek hom toe, terwyl die wesens wat uit sy wil en My Krag voortgekom het, My hulp nodig het, omdat My teenstander in hulle die wil geplaas het wat van My afgewend is, wie daarom so lank gekluister moes word, totdat die wese weer 'n graad van rypheid bereik het, sodat hy heeltemal vry kon kies. Want daar was 'n verskil tussen die eersgeskape wese en diegene wat ons beide se liefdeswil laat ontstaan het. Daarom is die daad van die terugkeer na My ook verskillend en van die kant van My teenstander sal die terugkeer eers volg wanneer hy - totaal beroof van sy krag en mag - hulpeloos en swak op die grond sal lê en hy dan alle weerstand teen My sal opgee, in die verlange na My Liefde, Wie hy eens afgewys het, wat hom egter in dieselfde mate weer sal toestroom, indien hy homself vrywillig aan My sal oorgee. Die daad van verlossing van die eens gevallene speel homself af binne ‘n eindelose lang tyd volgens die wet van ewige ordening. Dit sal met sekerheid eendag ten einde gebring word, want die vergoddeliking van die geskape wesens is en bly My doel, wat Ek nastreef en ook sekerlik sal bereik. Maar ewighede sal nog verbygaan, alvorens die verlore Seun sal terugkeer na sy Vaderhuis. Die stryd tussen lig en duisternis sal nog ewighede woed, maar die lig sal die duisternis oorwin en sal eens in heeltemal volle krag skyn. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205