BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 408

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geestelike keerpunt - Die nag kom nader 6250 Julle mense sal nie meer 'n Geestelike opbloei op hierdie aarde kan verwag nie, want alle kragte van die hel is losgelaat wat in opdrag van My teenstander werksaam is en het waarlik groot invloed op die mens, omdat hulle tot so 'n mate materialisties geword het, dat hulle nie besef wie oor hulle heers nie. 'n Geestelike keerpunt op hierdie aarde kan nie meer plaasvind nie, maar enkeles kan nog op die regte weg gelei word. Enkeles sal nog die ommekeer van homself voltrek en ter wille van hierdie enkeles word alles nog gedoen voordat die einde 'n voldonge feit sal wees. Dit sal egter opvallend wees hoe vinnig die mensdom gaan val, hoe hulle altyd meer sal wegsink in die duisternis en die lig vermy. Dit sal opvallend wees hoe meedoënloos daar geveg sal word teen die Lig van die Waarheid, hoe die ongeloof op die voorgrond sal tree, hoe die sonde hand oor hand sal toeneem, hoe vêr van God af die mense sal lewe en My teenstander sal aanhang. En daarom kan daar geen uitstel meer kom nie, omdat daar geen vooruitsig meer bestaan dat daar ooit 'n verandering sal plaasvind, indien Ek nie hierdie verandering voltrek nie - maar op 'n manier soos wat die mensdom dit nie sal wil hê nie - deurdat Ek aan alles 'n einde gaan maak en 'n nuwe begin daaraan gaan gee. Die tydsduur tot aan die einde is buitengewoon kort, maar omdat niemand die dag ken nie, is elkeen lou in sy strewe. En ook My gelowiges dink nie dat hulle so vlak voor die deur staan nie, want anders sou hulle ywerig vir hul siele gewerk het. Maar Ek sê steeds weer vir julle: Julle staan vlak daarvoor. Ek moet hierdie oproep steeds weer vir julle laat opklink. Ek moet julle aanspoor om buitengewoon ywerig werksaam te wees. Ek moet ook My dienaars versoek om altyd yweriger te werk, omdat dit belangrik is en tog nog redding vir die enkeling kan wees vóór die ondergang, wanneer die einde kom wat Ek voortdurend aangekondig het. Die wêreldgebeure moet wel natuurlik verloop en dit hou Myne ook in 'n sekere rus, maar weer sê Ek vir julle: Die einde sal skielik daar wees, onverwags sal die dag aanbreek wat anders sal eindig as gewoonlik, waarop 'n nag sal volg wat ewig sal duur en die daglig net sal skyn vir die weinig wat Myne is en by My sal bly, ten spyte van die groot vyandigheid en vervolging deur My teenstander. Die geloofstryd is weliswaar nog te wagte, maar ook dit sal maar ’n kort tydjie duur, omdat dit uiters hewig gevoer sal word, sodat die dag van My koms na die aarde deur die mense self bespoedig sal word. Die gebeurtenisse sal baie vinnig op mekaar volg en sal tog die mense die indruk gee dat dit heel natuurlike verskynsels sal wees waaraan hulle geen besondere waarde moet toeken nie - om welke rede hulle hierdie gebeure nie in verband sal wil bring met die spoedige op hande synde einde nie. Daarom sal ook Myne verras wees, want Ek sal kom soos 'n dief in die nag, wanneer niemand daaraan sal dink nie, wanneer die aangekondigde nog vêr voor julle skyn te lê. As julle mense dit tog net sou wil glo, dat julle maar net daarop gewys word, sodat julle julleself kan voorberei. Smartlik sal julle berou wees, want julle almal doen nog veels te min vir die heil van julle siele. Die lewe op aarde is nie aan julle gegee as doel op sigself nie en elke dag moet op so 'n wyse benut word, sodat julle 'n ongelooflike volheid van lig kan verwerf, wat julle onvergelyklike geluksaligheid sal verskaf in die geesteryk. En eens sal julle dit insien en berouvol dink aan die te min benutte tyd op aarde. Maar daar sal ten tye van die einde geen geloof, ook geen begrip daarvoor te vinde wees nie. Daar sal so 'n geestelike lae vlak heers, sodat dit byna nie erger kan wees nie. Want julle mense sien nie dit wat oop en bloot voor My oë lê nie. Julle mense sal moet glo wat nie aan julle bewys kan word nie, en daarby hoort ook die aanstaande beëindiging van hierdie tydperk op aarde, wat geestelik 'n groot betekenis het. Julle sal julle bes moet doen om 'n lewe in onbaatsugtige liefde te lei, wanneer julle nie wil of dink om nie te kan glo nie. En julle sal dit dan innerlik voel dat julle 'n heeltemal ander era tegemoet gaan. En julle sal nie verlore wees nie, want Ek erbarm My oor almal wat nie heeltemal aan My teenstander gebind is nie en Ek help hulle in die ryk hierna verder omhoog, indien hul aardse bestaan beëindig word voor die laaste oordeel. 'n Buitengewone donker nag kom nader. Die dag neig spoedig ten einde, maar daar is nog lig. Nog sal julle die lig van die dag kan benut en in julself 'n lig aansteek wat nie meer sal uitgaan nie. En dan sal julle die komende nag nie meer hoef te vrees nie. Maar wee julle, wanneer julle traag is, wanneer julle glo dat die dag geen einde gaan hê nie. Wee julle, wanneer julle van die een dag na die ander leef sonder om aan julle siele te dink nie en julle, wat die dood nie vrees nie, omdat julle glo dat julle dan nie meer daar sal wees nie. Ek sê vir julle, dat julle die dood met alle gruwels sal beleef en dat julle hierdie gruwels nie sal kan ontvlug nie. Julle sal dan nie meer 'n einde aan julle lewe kan maak nie, want julle sal nie kan vergaan nie. Julle sal bly bestaan, ook wanneer julle in die toestand van dood is. Julle sal kwellinge moet ondergaan wat julle nie sal kan ontvlug nie. Want die geestelike dood is heelwat erger as die dood van die liggaam, wat vir julle ook die poort kon gewees het na die lewe van geluksaligheid. Luister na My oproep van bo. Laat julle waarsku en vermaan. Laat hierdie woorde nie onverskillig voor julle ore wegsterf nie, maar dink julle lewendig in, welke nood op julle wag, indien julle nie geloof gaan skenk aan My Woorde nie. Julle sal die aankondiging van die einde voortdurend kan volg, maar alles sal hulself so natuurlik afspeel, dat julle dit wel sou kon glo, maar nie sal moet glo nie. Julle geluksaligheid hang egter af van die geloof daaraan, want net die gelowige sal homself voorberei. Hy sal aan My dink en met My in verbinding bly, ook wanneer die werk van die ontbinding begin. Want die vasgestelde tyd sal dan uitgeloop het en volgens goddelike ordening sal daar vervul word wat voorsien is in My heilsplan van ewigheid af. Die aarde sal omvorm word en met haar al die geskapenes, sodat al die gees weer in die vorm ingelyf sal word, waarin dit volgens die toestand van hul volwassenheid hoort. Die Goddelike ordening sal dan weer herstel word, want andersins sal 'n positiewe ontwikkeling vir die gees nie gewaarborg wees nie. My Liefde het egter altyd net hierdie positiewe ontwikkeling ten doel, wat julle, My skepsele, weer nader aan My moet bring. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205