BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 409

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Versprei die waarheid 6252 Julle moet in My Naam spreek vir My en My koninkryk. Julle moet dieselfde aan mense sê wat Ek Self aan julle sou sê indien Ek sigbaar onder julle gewoon het. Julle moet hulle in die waarheid onderrig soos Ek Self gedoen het tydens die tyd wat Ek op aarde geleef het. Indien Ek julle hierdie taak gegee het, moes Ek julle ook van die moontlikheid voorsien het om dit te verwesenlik. En as Ek van julle verwag om die waarheid aan mense te gee, moet Ek julle ook die waarheid gee, sodat julle ooreenkomstig My wil vir My en My koninkryk kan werk. Daarom kan julle ook seker wees dat wat Ek aan julle gee, die absolute waarheid is, anders kan Ek nie van julle verwag om die Evangelie in My Naam te verkondig nie. En so kan julle julleself vol vertroue as My instrumente beskou, julle kan met volle vertroue herhaal wat julle van My ontvang deur die Gees, julle kan met oortuiging opstaan vir die waarheid. Julle mag nie twyfel nie, andersins sou julle My Liefde, Almag en die Wysheid van God moet betwyfel as Hy julle nie teen dwaling kan beskerm nie. Ek het julle in My ewige plan van Verlossing ingewy. Ek het julle in kennis gestel van My bestuur en werk, van julle doel van bestaan, van die rede en doel van alles wat bestaan. Ek probeer om julle te laat begryp dat My Liefde voortdurend omgee vir alle lewende skeppinge. Ek het aan julle kennis openbaar wat julle eenvoudig nie kan verwerp as onaanneemlik nie, omdat alles in dié verband aan julle met diepgaande wysheid geopenbaar word. En hierdie kennis alleen kan reeds deur julle as bewys van buitengewone aktiwiteit beskou word, julle kan ook alles glo, want dit word aan julle gegee om My Liefde aan julle te demonstreer, veel meer begryplik as die kennis wat deur menslike intellek verwerf word, wat egter twyfel laat ontstaan in My Liefde, Wysheid en Almag. Maar Ek het slegs die inligting aan julle vir één doel gegee: Om dit onder mense te versprei, sodat hulle die suiwer Waarheid kan ken wat uit My voortkom en daarom onveranderd aan hulle deurgegee moet word. Ekself, Wie die Ewige Waarheid Self is, gee hierdie opdrag aan julle. En Ek gee aan julle in oorvloed, Ek voorsien julle van uitgebreide inligting wat julle moet deurgee en julle het egter nie 'ekstra kennis' van elders nodig nie. Ek waarsku julle daarom, om My suiwer Waarheid, die Waarheid wat julle van My ontvang, nie te kombineer met geestelike inligting wat julle nie van My ontvang het nie, want daar is ‘n groot risiko dat die suiwer lewende water met skadelike byvoegsels gemeng sal word. Gee dit weer deur so suiwer en onvervals soos wat julle dit van My ontvang het, want julle trek van die Fontein van Lewe, ‘n Bron is vir julle oopgemaak wat die mees verruklike gawe laat uitvloei: direkte Krag van My, My Woord, wat direk uit My voortkom en julle geestelike oor beïnvloed. Dus bring Ekself die lewende water na julle wat voldoende is om mense te wek tot die lewe en hulle lewend te hou. Ek weet waarlik wat vir julle noodsaaklik en nuttig is en dit is ook wat Ek aan julle sal stuur. Hou daarby en slegs daarby, dan sal julle in My Naam spreek en die suiwer Evangelie aan julle medemens verkondig. En julle sal altyd deur My geseën wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205