BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Onderrig vir die bediening deur God self – Taak 5374 Ek plaas elkeen van My dienaars in 'n posisie waarin hy die effektiefste vir My kan werk en dit beteken dat Ek elke persoon se lot bepaal in ooreenstemming met hierdie aktiwiteit vir My en My koninkryk. Dit beteken dat Ek ook die aard van sy aktiwiteite bepaal, afhangende van sy geskiktheid, sy graad van volwassenheid en sy bereidwilligheid. Om vir My te werk, vereis 'n sekere mate van kennis waar dit gaan oor die verspreiding van die Waarheid, dus iemand wat gekies is om in die wingerd te werk deur die suiwer evangelie te verkondig moet ook intellektueel in staat wees om foute te herken en op te tree wat dit betref. Hy moet self die soort kennis hê wat kan staan teen intellektuele ondersoek. Ek kan slegs dienaars wat hierdie kennis self verkry het gebruik vir 'n bediening op aarde, dit wil sê, wie dit vrywillig begeer en aanvaar het van My af. Ek moet Self in staat wees om hulle te leer en dit op 'n wyse dat hulle dit heeltemal sal verstaan en dit ook rasioneel sal kan ondersteun, alhoewel die inligting eers in die hart ontvang sal word. Die meeste mense met goeie intellektuele denke is egter nie toegewyd genoeg om hulself oor te gee aan 'n hoër Krag om daardeur opgelei te word nie en daarom is dit moeilik vir die Waarheid om aanvaar te word deur hierdie mense, want diegene wat dit van My ontvang, word nie aanvaar deur hul medemense nie, want hulle oordeelsvermoë word nie vertrou nie, - in werklikheid sal hulle meer geneig wees om dit te ontken. Enigeen wat die suiwer waarheid egter ontvang deur die hoor van My Woord in sy hart, sal ook aanvaarding en krag van oordeel, saam met die suiwer Waarheid, van My ontvang. Om egter deur My onderrig te word, is nie moontlik sonder die persoon se vrye wil nie, op sterkte waarvan Ek slegs My Woord kan oordra wanneer hierdie vrye wil My versoek. Dus sal julle kan verstaan dat slegs 'n paar mense geïnisieer kan word in My plan van die ewigheid, wat die suiwer Evangelie kan gee aan hul medemens sodat alles verstaanbaar kan wees vir hulle. Wanneer Ek egter 'n ontvanger van My Woord gevind het wat homself onvoorwaardelik aan My sal oorhandig om van diens te wees vir My, sal Ek oor hom waak met baie liefde, want Ek beskou hom as 'n bekwame instrument vir My, wat in staat is om 'n groot doel te bereik. En Ek sal hom ook addisionele vaardighede gee wat sy bediening kan vergemaklik, wat hom sal beskerm om self prooi te word van valsheid wat dus sy sending in gevaar kan stel. Ek sal hom 'n sterker sin vir Waarheid en dwaling gee. Ek sal oor hom waak, want Ek waak oor die Waarheid wat in opdrag van My aan die mensdom oorgedra moet word. Die Waarheid is duidelik en suiwer, sonder versiering, sonder toevoegings, die Waarheid kan ook aanvaar word deur elke persoon wat die Waarheid wil ken. Wanneer 'n soeker van die Waarheid egter aarsel om iets te aanvaar, verstaan hy nie wat hom aangebied word nie, dan voel hy 'n innerlike weerstand daarteen wat nie ooreenstem met die Waarheid nie en hierdie gevoel word deur My, die ewige Waarheid, in die hart van 'n persoon geplaas wat van diens wil wees vir My, wat bereid is om te werk as 'n draer van die Waarheid op die aarde en die suiwer Evangelie oor die hele wêreld te versprei. Ek onderrig hom Self en dit waarlik op 'n manier dat hy alles sal verstaan en aanvaar wat hy van My sal ontvang. Wanneer iets van buite na hom toe kom, sal sy hart hom vertel of hy dit moet aanvaar of verwerp, want dan sal Ek ook deur die hart spreek. Alles wat van My af kom, sal byval vind by hom en hom gelukkig maak en wat hom onverskillig laat, kom nie van My af nie. Selfs al onderskryf dit ook My en My Koninkryk, het dit nogtans nie direk uit My ontstaan nie en kan dit nie aanspraak maak op absolute Waarheid nie. Dit hoef nie teen My gerig te wees nie, maar dit kan omring wees deur baie toevoegings wat dus nie meer die suiwer Waarheid openbaar nie. Die suiwer Waarheid sal baie meer dikwels teenkanting kry as aanvaarding, nietemin het Ek vir My draers van die Waarheid onderrig, veral gedurende die laaste dae voor die einde en almal wat na hulle luister, luister ook na My. Iemand wat hulle verwerp, verwerp ook vir My en daarom plaas Ek Self die gevoel van verwerping in die hart van die ontvanger van die Waarheid wanneer 'n dowwe lig nader aan hom kom en dan sal hy na My luister en net onderskryf wat hy van My ontvang het. Dan sal hy nooit iets verkeerd versprei nie en getrou die werk uitvoer wat hy aangebied het om vir My te doen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205