BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 412

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Stem van die gewete - Gevoel - regte weg 6262 Steeds weer word julle die weg aangewys wat julle sal moet gaan op aarde, ook wanneer julle geen direkte onderrig van My ontvang nie. Want Ek spreek ook op 'n manier tot julle wat julle as “’n gevoel” kenmerk, sodat julle verstand werksaam kan word, omdat julle in situasies beland wat indruk op julle maak, hetsy op 'n pynlike of vreugdevolle manier. Julle sal deur julle gevoel kan herken wat vir 'n mens begerenswaardig is, wat hom leed bring en wat 'n nadelige uitwerking op sy liggaam sal hê. En julle sal nou in ooreenstemming met julle wil beïnvloed kan word om dit van die medemens vêr te hou wat hom seermaak, of om aan hom dit te gee wat hom gelukkig sal maak. Slegs gevoelens en verstand kan julle die regte pad wys, wanneer dit julle ontbreek aan waarheidsgetroue onderrig of wanneer kerklike onderrig julle nie beval nie, omdat hul oorsprong vir julle twyfelagtig voorkom. Dit wat die mens self beleef, kan bepaal hoe hy sal wil, dink en handel. En ook weet elke mens wat billik is, omdat elkeen vir homself aanspraak maak op die reg om gelukkig te wees en omdat elke mens liggaamlike- en geestelike lyding kan ondervind. Die liefde vir homself sal hom altyd daartoe bring om homself in besit te stel van wat hom vry en vrolik maak. En 'n regverdige denke sal ook aan die medemens dieselfde gun. Die kennis van die regte weg is dus in elke mens geplaas. Maar hoe hy gebruik maak van hierdie kennis wat deur eie ervaring en verstandswerk verkry is, hang af van sy wil wat vry is en wat vry sal bly ter wille van sy eie vervolmaking. En daarom sal goed en kwaad ook altyd van mekaar onderskei kan word, juis wat betref die uitwerking daarvan op die mens self. En daarom kan daar gepraat word van die stem van die gewete wat hom altyd in die gevoel kenbaar sal maak, maar wat ook in die mens gesmoor kan word, wanneer die eieliefde so sterk ontwikkel is, dat die mens al die mooi vir hulself opeis en al die slegte aan hul medemens doen. Dan word die vermoë tot dieper gevoelens altyd swakker en dan beweer die mense dikwels dat nie elke mens weet wat goed of sleg is nie. En weer kan daarop net geantwoord word: Hy wil nie weet nie. Want solank hy weet wat vir hom self wenslik of ongewens is, weet hy ook om goed van kwaad te onderskei, ook sonder enige onderrig van buite af, wat hom egter altyd die bevestiging sou gee dat hierdie innerlike gevoel ooreenstem met My leer van die liefde, waardeur Ek die mense die korrekte weg wys, wat immers altyd eis om die liefde te beoefen. Maar waar dierlike drifte uit die tyd van die voorontwikkeling geweldig sterk in die mens teenwoordig is, daar geld slegs die innerlike gevoel van die sterkere teenoor die swakke. Want in so 'n mens sit die kragte van die duisternis vas en dryf hom aan om te handel volgens hulle wil. Maar so 'n besete mens kan nie as bewys aangevoer word, dat sonder onderrig van My kant af, hy nie die weg na My kan vind en begaan nie. Want die Liefde begelei al My skepsele, maar gee hulle die vrye wil. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205