BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 413

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Voorbidding is nie tevergeefs vir siele in die hiernamaals nie 6266 Julle almal sal ondervind dat My Liefde vir julle onbegrens is en dat Ek daarom niemand aan sy selfgekose lot sal oorlaat het nie. Inteendeel, Ek kom almal te hulp, hetsy op aarde of in die ryk hierna. Ek trek My die lot van elke siel aan wat julle by My aanbeveel, vir wie julle bid, wie julle wil help in geestelike nood. Ek help waar daar Ek om hulp gevra word, omdat Ek julle almal liefhet, maar wat eers vir julle verstaanbaar sal wees wanneer julle die geesteryk sal binnegaan en julle alle siele tegemoet sal tree wat julle gebed bevry het uit hul nood. Dan eers sal julle weet dat Ek elke oproep van julle gehoor het en dat geen versoek tevergeefs tot My gerig was nie. Maar julle sal dit ook op aarde al uit My mond moet verneem. Ek wil dit Self vir julle sê, naamlik dat julle elke siel kan help aan wie julle liefde skenk. En Ek wil dit vir julle sê, omdat daar buitengewoon baie daarvan afhang, omdat al hierdie siele slegs een klein liefdestraal van julle hoef te sien om hulleself na julle te wend, wat dan al die begin van hul verlossing beteken, omdat hulle by julle ontvang wat hulle nodig het om verder vooruit te gaan. As julle sou weet watter doeltreffende middel daar vir julle ter beskikking staan, dan sou julle geen ander gedagtes meer gehad het as om siele uit die duisternis te red nie. En hulle sal julle almal dankbaar daarvoor wees en sal julle voortdurend omring, sodat julle nooit 'n geestelike taak sal verrig sonder hul teenwoordigheid nie. En die uitwerking daarvan sal julle vir julleself nie kan voorstel nie, want een enkele ligstraal ontbrand weer en maak talle verdere siele ontvanklik vir My Woord. Daarom stuur Ek hulle omlaag, na die aarde, omdat niks anders se uitwerking tot in die ryk hierna reik nie en omdat dit ook op die siele vanuit die diepte 'n veranderde invloed het. Ek gee, maar Ek ontvang heelwat meer terug. My skepsele wat hulle vêr van My verwyder het, vind weer die weg na My. Hulle voel julle liefde as ’n krag en rig hulleself nou vrywillig op My, omdat hul harte week en volgsaam word deur julle liefde. En ter wille van julle liefde kan Ek ook nou My Liefde teenoor hierdie siele uiter. Ek kan hulle van krag voorsien, wat hulle weer kan gebruik om in liefde werksaam te wees vir siele wat hulleself nog in die duisternis bevind. Die verlossingswerk wat nou vir die ongelukkige siele van die diepte gedoen kan word, is so omvangryk, want een enkele siel het weer haar aanhang, wat nou as te ware ook deur julle hulp verlos word, wat nou voor die einde van die aarde, voor die begin van 'n nuwe verlossingsperiode, van baie groot belang is. Want daar word tog nog ontelbare siele behoed teen die lot van hernude kluistering - wat hulle egter onherroeplik sou verras indien hulle nog in die diepste duisternis sou smag en daar geen weg omhoog aan hulle gewys was nie. Ek het al My skepsele lief en Ek wil nie dat hulle eindelose lang tye moet ly nie. Maar Ek moet My aan My wet van die ewige ordening hou en daarom kan Ek nie in stryd met hierdie wet die siele verlos wat My nog teenstand bied nie. Maar julle liefde kan hierdie weerstand breek en dan kan My Liefde ook aktief word. Daarom help Ek almal wat julle by My aanbeveel, vir wie julle bid. En Ek bevry hulle uit hul nood, want My Liefde hou nooit op nie. My Liefde omvat al My skepsele. My Liefde wil dat hulle almal geluksalig word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205