BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 414

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vergeesteliking – Geesvonk 6269 Julle sal met My verenig word vir alle ewigheid. Julle sal My koninkryk binnegaan en werk en skep in harmonie saam met My vir julle eie saligheid. Julle sal werk volgens My wil, maar tog uit eie beweging en nie deur My wil bepaal nie; eers dan sal julle My kinders wees, eers dan sal julle met My verenig word vir ewig. Maar hierdie innige band is slegs die gevolg van die oorwinning oor die afgrond. Dit is die taak wat elke “lewende skepsel” het om te bereik wat wil omvorm tot 'n “kind”. Die weg vanuit die diepte stel groot eise aan die skepsel, maar hierdie eise sal altyd haalbaar wees, omdat My Liefde hom voortdurend opwaarts trek en omdat My Liefde elke lewende skepsel ondersteun waar haar krag nie voldoende is nie. Daarom word dit slegs verwag dat die lewende skepsel se wil begeer om uit die diepte te kom, dan sal dit haar nooit ontbreek aan krag om haar doel te bereik nie, omdat die wese se wil in die verlede ook die teenoorgestelde veroorsaak het, haar val in die afgrond in en die skeiding van My. Maar alles wat egter daarna streef om van My af weg te kom, is en sal swak bly, aangesien sy My Liefdeskrag verwerp en slegs wanneer sy bereid is om Haar weer te aanvaar, sal sy ook die krag kry om die weg na My terug te neem, na die huis van die Vader. Die regverdige straf vir die vrywillige afvalligheid van My is die ewige verdoemenis, dus ewige skeiding van My, wat dui op die uiterste pyn vir 'n vrye skepsel wat vol van lig en krag was. Maar My groter as groot Liefde vir My skepsele het dit nie toegelaat nie, gevolglik was 'n geleentheid geskep vir ‘Liefde’ om die afvallige geeste te herwin sonder om “Geregtigheid” te ontduik. Ewige Liefde Self het die skuld afgelos. Ek het na die aarde gekom en het versoening vir die groot skuld gedoen, sodat die terugkeer van die eens gevalle geeste weer moontlik geword het, maar dit sou afhang van die wil van die lewende wesens. En sodat hierdie wil weer na My sou draai, sodat daar na My gestreef sou word as die hoogste doel van die wesens in die afgrond, het Ek hierdie wesens beïnvloed deur My Gees, naamlik Liefde, Wie My fundamentele wese is, Wie se krag alles tot bestaan gebring het en Sy het ook gekyk na 'n manier om in die harte te kom van My skepsele wat reeds begin het op die weg van terugkeer na My binne die raamwerk van My ewige orde, maar wat in elk geval eendag vrywillig sou moes bely of hulle sou wil voortgaan op die weg na My of weer terugkeer na die afgrond. Op hierdie stadium van die vrye wil, as 'n mens, probeer My Liefde weer om haar te beïnvloed deurdat Sy aan haar 'n klein vonkie van My Gees van Liefde gee om haar te vergesel, wat haar sal beïnvloed indien die persoon dit toelaat. Die mens is in staat om in konstante kontak met My te bly deur middel van hierdie baie klein geesvonk, maar hy is nie verplig om hierdie verbinding te maak nie. Maar die gees in die mens is egter 'n uiters nuttige faktor, wat die waarborg gee dat 'n persoon eenheid met My sal vind, mits sy wil nie meer openlik weerstand teen My bied nie. Toe Ek Self die verlossingsdaad as Jesus, die mens, volbring het, toe Ek die groot sondeskuld op My geneem het en versoening daarvoor gedoen het, het dit die weg vanuit die afgrond vir die eerste keer oopgemaak na hoër vlakke. Maar toe het Ek ook aan die mense wat bereid was om hierdie weg te neem, die krag gegee wat hulle tot nou toe kortgekom het. Ek het Self kontak gemaak met hulle en hulle nie langer sonder hulp gelos nie. Ek was Self met hulle verbind deur die Geesvonk, maar laat dit aan elke individu oor of hy die verbinding met My wil hê, want Ek forseer Myself en My Geestelike Krag nie af op 'n lewende wese nie, maar Ek maak Haar vir julle beskikbaar, sodat almal deurdring kan word deur My Gees en Haar Krag, mits julle Haar wil hê. My Gees is deel van My. Sy is die Liefdeskrag wat in die begin deur al My lewende skepsels gevloei het, maar hulle verwerping van Haar het gelei tot hulle val in die diepte. Alle mense kan weer My Liefdeskrag sonder beperking ontvang sodra hulle hulself bevry van hul sondeskuld van die verlede deur Jesus Christus te erken as Verlosser en 'n beroep op Hom te doen om vergifnis van hulle skuld. Eers dan sal hulle die goddelike Krag van die Liefde van My af ontvang, dan sal My Gees in staat wees om in werking te tree in hulle, dan kan Ek 'My Gees uitstort', en die verbinding met My sal gemaak wees tot so ’n mate dat 'n terugval in die afgrond in, nie meer moontlik sal wees nie, want die weg na bo, met die uiteindelike doel van totale eenwording met My, is moeiteloos begaan en My lewende skepping sal weer na My terugkeer as My “kind” in die huis van sy Vader. Sonder My hulp sou dit onmoontlik gewees het, juis omdat die wese alle mag opgegee het. Maar My Liefde gee egter weer die krag aan haar, My Liefde verenig Haarself weer met die lewende skeppings indien hulle bereid is om terug te keer na My. My Liefde stuur My Gees na al My lewende skepsele om julle te lei en te onderrig, ten einde julle die korrekte weg na My te wys. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205