BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 416

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die onderwerping van die wil - Verantwoordelikheid 6273 Julle dra geen verantwoordelikheid meer vir julle aardse lewens sodra julle julleself aan My oorgegee het nie, sodra julle My die reg het verleen om op julle in te werk, sodra julle julle wil opgegee het en dit heeltemal aan My wil onderwerp het. Dan kan Ek vir julle optree. Dan kan My wil in julle tot sy reg kom, dan kan My Gees in julle werksaam word, Wie julle waarlik steeds so sal lei sodat dit nuttig vir julle sal wees. Maar dit verg 'n sterk geloof, 'n oortuigde geloof dat julle My kinders is en dat julle vol vertroue julleself aan julle Vader sal kan oorgee, omdat Hy julle liefhet en magtig en wys is. Wanneer julle eenmaal hierdie verhouding met My tot stand gebring het, dan kan julle al op aarde gelukkig geprys word. Dan sal julle slegs nog julle weg oor die aarde gaan om ander te kan help om dieselfde in te sien, want julle het My self herken en julle het vrywillig deel geword van My deur die oorgawe van julle wil aan My. Julle denke, wil en handeling word nou deur My bepaal, en tog het julle 'n vrye wil. Julle sal self dink, wil en handel soos wat dit met My wil ooreenstem, omdat My wil in julle so magtig sal word dat dit julle sal vervul en julle nie daarteen sal kan optree nie. Maar dan sal julle ook nie hoef te vrees dat julle My verdriet sal kan aandoen nie. Dan sal alles wat julle onderneem goed en korrek wees, solank julle die innige verbinding met My in stand hou. Maar julle sal steeds aan versoekings blootgestel wees. Dit wil sê dat My teenstander steeds hierdie innige verbinding met My sal wil ontwrig deurdat hy sal poog om julle oë en gedagtes op sake te fokus wat by sy ryk hoort. En wanneer hy daarin sal slaag dat julle 'n prooi word van sy begeertes, dan maak julle self die band met My losser en dan sal julle op julle hoede moet wees. Beveel julle daarom elke dag opnuut aan in My liefde en genade en wil, sodat Ek julle sal lei en vir julle sorg, en julle sal My dan steeds die reg gee om My tussen julle en My teenstander te plaas wanneer hy julle wil verlei. Dit is julle sekere wapen teen hom, dat julle My tot julle Hoeder kan maak, dat julle deel van My wil wees en julle aan My oorgee. Dan weer Ek alle aanvalle van julle af, dan sal julle julle oë vir die prikkels van die wêreld sluit. Dan sal julle slegs vir My en in My lewe, dan sal al julle gedagtes gefokus wees op julle geestelike voltooiing. Dan eers lok julle die omgang met My en julle arbeid sal onverdeeld slegs geestelike doelwitte geld. En dan rig julle rondom julle 'n sterk muur op wat My teenstander nie meer kan afbreek nie. Wat daar vir julle deur die oorgawe aan My aan seën rus, sal julle nie in sy volle omvang kan besef nie. Maar wanneer Ek vir julle sê dat julle dan vry sal wees van alle verantwoordelikheid, van alle sorg oor julle geestelike welsyn, wanneer Ek vir julle sê dat julle dan nie meer sal kan val nie, omdat Ek julle sal vashou en veilig na bo lei, dan sal julle julleself oor niks anders bekommer as om julleself van My liefde te verseker nie. Julle sal aan My wil toebehoort en nou alles aan My oorlaat en dit sal goed verloop. Maak julle daarom nie besorg oor die aardse nie, want daar word met alles rekening gehou wanneer julle julleself aan My oorgee, sodat Ek vir julle sal sorg. Geestelik en liggaamlik sal julle nou onder My hoede staan en Ek sal voorsien in geestelike en liggaamlike behoeftes, want elke weerstand wat julle eens van My geskei het, het julle opgegee toe julle julleself nou onvoorwaardelik aan My oorgegee het. Dan word die skeiding opgehef. En om met My verenig te wees, is 'n sekere waarborg vir denke, wil en handeling volgens My ewige ordening. Want julle is self nou slegs nog uitvoerders van My wil, maar in volledige vryheid, want julle ondervind geen dwang meer van welke kant dan ook af nie, omdat julle dieselfde wil in julle dra en nou aan My behoort tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205