BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 417

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verwydering van God en die verkeerde ingesteldheid teenoor hom 6274 Die afstand tussen die mense en God word altyd groter en die tyd loop steeds aan na die einde. Baie min verklein hierdie afstand, slegs die mense wat behoort aan die kerk van Christus, wie 'n lewende geloof het, wat deur werke van liefde tot lewe gewek is. Dit is die weiniges wat nie opgaan in die wêreld nie, maar wie bewustelik lewe, dit wil sê: Om die wil van God te probeer nakom. Hulle kom nader aan Hom en hulle hoef nie met vrees aan die komende einde te dink nie, want hulle weet ook dat en waarom die einde moet kom en dat dit vir hulle net die begin beteken van 'n nuwe lewe, in die ryk hierna of in die paradys op die nuwe aarde. En die afstand na God moet vooraf verklein word, indien die einde nie tot die ondergang van die siel sal lei nie. Want om verwyder te wees van God beteken onvermydelik die verharding van die geestelike substansie, dus omvorming tot die hardste materie. Verwydering van God beteken kragteloosheid, dus die onvermoë om werksaam te wees, 'n toestand wat duidelik deur die harde materie aangetoon word. Want die goddelike krag van Liefde kan die geestelike, wat homself teen Hom verset, nie deurstroom nie en daarom is hy totaal sonder krag en hy sal ewige tye in sy kragtelose toestand bly, totdat hy begin om die weerstand op te gee. As mens voel julle vol krag en daarom beskou julle dit onmoontlik dat hierdie lot op julle wag, omdat julle deur julle verwydering van God heeltemal onwetend is welke doel julle op aarde moet bereik en dat julle jul heeltemal teen julle bestemming in gedra, sodat daar dus vir julle geen ander lot kan wees as 'n hernieude kluistering nie, juis omdat julle julleself vêr weg van God plaas, omdat julle Hom nie erken solank as wat julle nie ooreenkomstig Sy Wil leef nie, selfs wanneer julle God met die mond bely. En hierdie ingesteldheid teenoor God sal julle uitermate smartlik laat voel. Hoe selde dink 'n mens aan sy Skepper en Vader van ewigheid. Hy is voortdurend met wêreldse gedagtes vervul, al sy werke en denke is gerig op aardse sake. Die dag word begin en beëindig met aardse sorge en aardse besigheid. Vir Hom wat hulle die lewe gegee het, bly geen tyd oor nie en as hulle aan Hom dink, dan is dit sonder enige verantwoordelikheidsgevoel teenoor Hom. Hulle skuif Hom opsy en neem in enkele gevalle genoeë met 'n vir elkeen toeganklike uur godsdiens, omdat dit vir hulle tradisie geword het. Daar is geen lewe meer in die kerke wat van God moet getuig nie. Daar is geen Gees in hulle nie en die Gees kan dáárom nie in die mense wees nie, omdat daar geen liefde meer in hulle is nie, omdat slegs die liefde die verwydering van God verklein en sonder liefde die kloof byna nie te oorbrug is nie. En die geloof in God sal altyd net dáár lewend wees waar die harte gevul is met liefde. En so sal julle dit ook self kan beoordeel aan die graad van liefde van die mense op aarde, dat die afstand tot God steeds groter sal word en dat 'n einde daarom ook onafwendbaar is, omdat die mense dit self na hulle toe trek deur hulle ingesteldheid teenoor God. Die genadegawes wat die mense ter beskikking staan - verstand, vrye wil en vermoëns - gebruik hulle nie om nader aan God te kom nie, eerder om hulle altyd meer van Hom weg te haas en so sal hulle hierdie genadegawes kwytraak. Hulle sal weer eindelose tye onvry en kragteloos wees, hulle sal wegsink in 'n diepte, waaruit hulle hulself alreeds met moeite omhoog gewerk het. Maar hulle het in vrye wil weer op die diepte afgestuur en het hulself dus vrywillig van God verwyder en hierdie sal hulle lot bepaal, sodra die einde van hierdie aarde aanbreek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205