BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 419

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Lucifer se verlossing – die tuiskoms van die verlore seun 6276 Wêrelde sal nog ontstaan en weer vergaan. Steeds weer sal My Wil om te skep werksaam word. Steeds sal Ek nuwe vorme skep, wat My opwaarts gaande gees sal bevat. En steeds weer sal Ek hulle uiteen laat val, om die gees daarin te verlos. ’n Ontstaan en vergaan sal daar vir nog ewighede lank wees, totdat Ek My werk as afgehandel sal kan beskou, totdat al die gees na My teruggekeer het en Ek ook My teenstander vir My gewen het, wanneer hy sonder enige krag homself vrywillig na My sal keer, Wie sy God en Vader is. En hy sal Liefde van My afsmeek en Haar in oormaat ontvang. Maar alvorens dit gaan plaasvind, sal daar nog ewighede verbygaan. Want solank daar nog onverloste gees is, sal daar ook skeppings wees. En solank daar dus nog skeppings bestaan, is die verlossing van die gevallenes nog nie bewerkstellig nie. En solank sal hy ook My teenstander en vyand bly, wie self geval het en die val van ontelbare wesens veroorsaak het; wie se liefde vir My verdwyn het toe hy bewus geword het van die oormaat Krag wat hom deurstroom het en hy vir My, as die bron daarvan, moes erken het, maar homself daarteen verweer het. En daarom moet hy eers die gevoel van sy krag verloor, alvorens hy, self as ’n verswakte wese, homself weer aan My sal oorgee en My dan ook weer sal liefhê, soos in die allereerste begin. Hy kan sy gevoelens vir My nie voor dit verander nie. Hy kan sy weerstand nie voor dit opgee nie, omdat hy homself nog in die besit van krag waan, solank as wat daar nog onverloste gees is wat aan hom behoort. Want die bewussyn van krag was die rede van sy val in die diepte. Julle mense weet nie wat hy vir My was en wat hy nog vir My is nie. Julle weet nie dat hy teen sy wil meewerk aan die vergoddeliking van die wesens wat deur My geskape is nie. Maar in sy blindheid en haat teen My kom hy nie agter dat Ek ook van hom 'n werktuig van My plan gemaak het nie; wat egter nie in sy wil pas nie, maar dat Ek dit net kon doen, omdat Ek op hoogte was van sy diepe haat, maar hom egter nooit vir My doeleindes sou gebruik het, as daar maar net die geringste vooruitsig sou bestaan op 'n voortydige terugkeer nie, op ’n verandering van sy wil en sy gevoel teenoor My nie. Slegs sy vrye wil het Ek vir My diensbaar gemaak, waarvan Ek sedert ewigheid op hoogte is. Die moontlikheid van 'n verandering van wil sou Ek waarlik met alle middele ondersteun het, juis omdat hy die eersgeskape wese was, aan wie My hele Liefde behoort het en wie Ek beslis ook uit die diepte sou wou red. Maar sy weerstand is ongebroke en sal nog vir ewighede so bly. En op hierdie, My welbekende weerstand, bou Ek My plan van die vergoddeliking van die “geskapenes” op. En Ek kon dit eers gedoen het toe Ek tot die gevolgtrekking gekom het dat 'n verandering van sy wil volkome uitgesluit is. Maar dat My onverdeelde Liefde ook nog hierdie eersgeskape wese - My teenstander – geld, volg daaruit dat Ek sy wil respekteer, dat Ek hom in volledige vryheid laat in sy werksaamheid teen My, solank as wat dit in die mate gebeur wat aan hom toegestaan is. Maar indien hy die grense van sy bevoegdheid oorskry, dan bind Ek hom, wat altyd aan die einde van 'n verlossingsperiode sal gebeur. Ek plaas hom opnuut in boeie, sodat dit wat vrywillig op My afstuur, nie in gevaar gebring word nie, maar sal hom egter steeds weer daaruit bevry, wanneer hy My weer moet dien, ofskoon onbewustelik, sodat die gees tot uiterste rypheid kan kom. Want waarlik sê Ek aan julle: Hemel en aarde dien My met My plan van ewigheid. En sodat My teenstander nie die oorwig sou behou nie, wat hy in die begin oor die skare van die gevalle geeste gehad het, het Ek “My Seun” na die aarde gestuur, Wie in 'n geregverdigde stryd teen My teenstander geseëvier het. Wie sy mag gebreek het, sodat die wil van die wesens hulleself nou teen sy wil kon verset met gebruikmaking van die genade van die verlossingswerk. Deur die kruisdood van Jesus het die krag van die teenstander uitermate afgeneem. Hy was oorwin, maar het hom nou des te hewiger verset, omdat die lig van insig hom verlaat het, omdat die val in die diepte ook duisternis van sy gees beteken en hy daarom steeds net blindelings kan woed, deur haat gedrewe, sonder om te besef waarheen sy haat lei. Die gees wat nog aan hom behoort, word losgemaak en in die skeppings verban, en hy verloor daardeur steeds meer van sy krag. Want slegs die gevallene is sy besit aan krag, en die verlossing van die gevallenes beteken voortdurende vermindering van sy krag. En sodat hierdie verlossing moontlik kan word, daarvoor het Ek Self aan die kruis gesterf. My Liefde het hierdie verlossing moontlik gemaak en My Liefde sal nie rus alvorens al die wat van My afgeval het, weer in My besit sal wees nie; totdat hulle vrywillig na My teruggekeer het en nou ook My teenstander - van sy krag beroof - homself aan My sal oorgee; totdat ook hy na verlossing sal verlang, wat My eindelose Liefde nie van hom sal weerhou nie, totdat die verlore seun teruggekeer het na sy vaderhuis, na My van Wie hy eens weggegaan het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205