BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ek ken Myne - Die goeie Herder 5376 Ek ken Myne en Myne ken My. Ek is waarlik die goeie Herder wat Sy skape nie aan die vyand prysgee nie, wat oor die lewe van elkeen besorg is, wat alles doen om Sy kudde teen die indringing van wolwe te beskerm, wat self Sy lewe geoffer het vir sy skape. My oog rus vol liefde op alle mense. Ek wil graag almal na die stal lei, Ek wil graag almal wat hulle van My wil ontruk, bewaar teen die aanvalle van die vyand. Ek wil My graag aan alle mense bekendmaak, hul My beskerming aanbied, hulle met sorg omring en behou. Ek wil graag alle mense die ewige lewe gee. Dit is egter nou 'n tyd waarin byna geen mens meer op My lokroep let nie. My kudde is uitmekaar gejaag. Die vyand het in hulle midde ingedring en hy het My skape, wat hulle van hul Herder verwyder het, laat verdwaal, hulle te hoog laat klim in wêreldse hoogtes, sodat hulle hul Herder verloor het en die weg na Hom nie meer kan terugvind nie. Hulle soek Hom nie. Hulle verwyder hulleself eerder verder van Hom af en al roep My Liefde hulle ook, slaan hulle, op enkeles na, wat in My hul goeie Herder herken en My nie opgee nie, geen ag meer op My stem nie. Ek wil egter nie een van My skape verlore laat gaan nie en dus sal My lokroep met so 'n krag weerklink dat dit gehoor moet word, ook deur diegene wat baie vêr van My verwyder is. Ek sal ook elkeen van My skapies hardnekkig bly agternaloop en vir hulle die weg baan wat na My teruglei. Ek sal hulle wat angstig is en wat die vyand vrees, beskerm, sodat hulle geen leed sal ondervind nie. Ek sal My neerbuig tot diegene wat geval het, om hulle op te tel, om hulle uit die afgrond omhoog te trek. Almal sal My lokroep hoor, want dit sal oor die hele aarde weerklink en My nabyheid aankondig, sodat elkeen homself na My kan keer en sal ook deur My aangeneem word, indien hy My wil volg. Ek is die goeie Herder. Ek kan die werksaamheid van My vyand wel nie verhinder nie, maar Ek kan elkeen beskerming verleen wat na My toe kom, omdat die vyand My nie kan aanval nie, maar wel vir julle, solank julle nie aan My vashou nie, wanneer julle van My weggaan op weë waar hy julle kan agtervolg en bereik. My lokroep van Liefde volg julle wel, maar Sy dwing julle nie om ‘n omkeer te maak nie. Julle sal vrywillig daaraan gevolg moet gee, dan kan die teenstander julle waarlik niks aandoen nie. Dan sal julle onder My beskerming wees en Ek sal julle veilig lei na die vaderland, waar Ek nooit van julle sal weggaan nie en julle in geluksalige vrede sal kan lewe. Gee ag op My lokroep, al julle mense, want dit sal spoedig weerklink. Bekeer julle, voordat dit te laat is. Laat julle deur julle Herder lei en vertrou julle aan My toe. Verlaat nie die weg wat Ek gegaan het nie, inteendeel, volg My na, dan sal die vyandige mag julle waarlik niks kan aandoen nie, want Ek self hou My hande beskermend oor julle en julle sal julle doel bereik en ingaan in julle Vaderhuis, julle sal geluksalig lewe tot in ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205