BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 424

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geestelike leiers op aarde – Jesus Christus 6284 Die mense het op aarde leiers nodig, want om alleen die ware weg te vind en te gaan, daarvoor ontbreek dit hulle aan die krag van die insig, geestelik is hulle nog blind, hulle oë herken nie die weg omhoog nie en daarom sal hulle dikwels die verkeerde weg neem, ondanks hulle wil om die ware doel te bereik. Want die afgrond oefen ‘n groter aantrekkingskrag uit, waaraan hulle sonder hulp ten prooi sou val. Ek gee daarom leiers aan hulle, aan wie hulle hulself kan toevertrou, maar wat hulle nie gedwonge moet volg nie. Hierdie leiers ken die ware weg presies, omdat hulle van bo kom en almal daarheen wil lei waar die lig is, waar hulle self vandaan kom. Hulle is self vervul met lig, maar weet tydens hulle lewe op aarde nie dat hulle uit die Ligryk kom nie, want alle mense wat op aarde is, is onderworpe aan dieselfde wet. Dit ontbreek hulle aan alle herinnering aan vroeër, sodat hulle volledig vry kan bly in hulle wilsbeskikking. Dieselfde geld vir die leiers wat deur My onder die mense geplaas is, wat hulself slegs in soverre van hulle medemens onderskei, dat die doel van al hulle strewe is om ‘n graad van rypheid op aarde te bereik, - terwyl die medemens wat hulle strewe op wêreldse dinge gerig het, nou eers gelei moet word na ‘n ander doel. Wat by die eersgenoemde skynbaar in hulle aard lê, moet langsaam vir die ander deur opvoeding bygebring word. En dit is moeilik vir die leier om sy medemens tot iets te beweeg wat vir hom minder begerenswaardig lyk, asook vir hierdie mens self, naamlik om homself af te wend van hierdie begerenswaardige dinge en om volkome onbekende goed na te strewe. Maar dit is juis die beproewing van die aardse lewe wat die mens moet deurstaan en dat hy dit kan deurstaan, hoef nie betwyfel te word nie, omdat Ek slegs dit van julle verlang wat verwesenlik kan word. Maar nou sal daar deur die toedoen van My teenstander, orals, dit wil sê, op alle kruispaaie van die weë, leiers hulself vir die onwetendes aanbied, omdat hulle ten doel het om die ware weg vir die mens so verborge te hou, sodat hulle daarby sal verbyloop en sal streef na wat deur hierdie leiers aangebied word, “wat die weg goed ken”, wat egter volstrek ongeskik is om opwaarts te lei, omdat hul self nie die weg ken nie. Daarom moet julle mense nou op julle hoede wees en elkeen wat julle wil lei vooraf ondersoek, of hy self die ware doel nastreef. Julle is daartoe in staat, want ‘n goeie leier moet julle na die kruis van Golgota voer, hy moet julle eers na die kruis lei, sodat julle julleself kan oorgee aan Hom, Wie vir julle aan die kruis gesterf het. Julle moet uit die mond van julle leier verneem wat die betekenis is van die verlossingswerk, julle moet deur hom die oorgrote liefde en barmhartigheid van die goddelike Verlosser leer ken en julle moet nou ook erken Wie dit was, Wie vir julle die dood van ‘n misdadiger gesterf het en waarom Hy dit gedoen het. ‘n Goeie leier sal hierdie kennis aan julle kan gee en hom mag julle ook onbesorg volg. ‘n Leier wat die weg egter nie ken nie, lei julle nie na Golgota nie, hy noem miskien sydelings die werk van die Mens Jesus, om daardeur die geloof te wek aan sy reg om julle te mag lei, maar julle sal geen korrekte verklaring kry oor die betekenis van die Verlossingswerk nie, julle sal wel dikwels die Naam, Jesus Christus, uit sy mond hoor, maar nie anders as dat Hy ‘n historiese figuur was Wie se lewe en leer ‘n etiese waarde gehad het nie. Die diepere samehang is egter vir sulke leiers vreemd. En daaraan kan julle ondersoek wat die ware weg is en watter leier julle vol vertroue mag volg, want die weg na die doel voer deur Golgota, ‘n ander weg na die hemel is daar nie. Die ware leiers word egter aan julle deur die goddelike Verlosser Self gestuur en wie nie deur Hom gestuur is nie, is ook geen ware leier nie. En so sal julle ook kan beoordeel wat die ware leer is, naamlik die wat die verlossingswerk van Jesus voorop stel. Slegs hulle kan sê dat hulle in die waarheid staan, hulle wat self deur Jesus se bloed verlos is en nou deurdronge is van Sy Gees en daarom geregtig en in staat is om hulle medemens te lei, omdat hulle weet dat die mense hulself eers moet oorgee aan die Liefde en Barmhartigheid van Jesus Christus, voordat hulle die weg kan volg wat omhoog lei na die Hemel, Myself tegemoet, Wie as die Mens Jesus gesterf het aan die kruis om julle mense te verlos. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205