BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 425

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Stryd teen begeertes en hartstogte 6286 Maak al julle begeertes dood en julle sal ryp word in die kortste moontlike tyd. As julle die wil het om volmaak te word, sal julle alles moet oorwin wat julle nog na benede, in die diepte intrek. En al hierdie begeertes en hartstogte kleef nog aan julle uit die periode van julle ontwikkeling voor julle menswording en wat julle nog baie las op aarde sal besorg, omdat My teenstander deur die aandrifte en begeertes op julle inwerk en daardeur die terugkeer na My wil verhinder. Hierdie aandrifte en begeertes is egter ‘n belemmering vir die eenwording met My, omdat dit goddelose eienskappe is wat ‘n volmaakte wese nie mag hê nie en dit daarom eers oorwin moet word, voordat ‘n eenwording met My kan plaasvind. Die mens moet nou stry teen elke verlange wat die materie betref, want steeds is ‘n begeerte om iets te besit, verbind met die ryk van My teenstander, wat dus dien om die sinne te bevredig, maak nie saak wat dit ookal mag wees nie, Sodra die liggaamlike sinne van die mens hom daaraan verlustig, is dit ’n begeerte wat sy vervulling op aardse wyse vind. Alles wat aan die mens liggaamlike welbehae verskaf, behoort daaraan, wanneer dit met alle krag deur die mens nagestreef word en daar geen rede is tot geestelike strewe nie, naamlik die besef van die verganklikheid van al die aardse dinge nie. Maar die mense word ook aards deur My versorg en dit ook ryklik, sodra Ek hul geestelike strewe sien, sodra hulle liefde My geld en hul naderkom aan My hul vernaamste doel is. Dan sal My Liefde hul ryklik skenk en hul aardse lewe sal ook geseënd wees en hul alles bied, omdat dit hulle nie meer kan skaad nie, omdat dit hul sinne nie bind nie. Sodra die begeerte na aardse genot, besit en vermaak egter nog sterk in die mens is, moet hy stry daarteen, want hierdie begeertes is die wapens van My teenstander wat hom dikwels help om die oorwinning te behaal. Nogtans sal die mens nie ongeskik word vir die lewe op hierdie aarde nie, veel eerder sal sy krag toeneem, maar hy sal haar anders gebruik. Hy sal geestelik wil werk en slegs daarin sy bevrediging vind, maar sal egter dadelik verswak deur sy blik weer na die wêreld te keer wanneer hy iets daar sien wat hy graag sou wil besit. Daarom: “vereis die hemelryk geweld en slegs hy wat geweld gebruik, sal dit na hom aantrek”. Die aarde is die ryk van die gevalle geeste, sy is die ryk van My teenstander. Wie ernstig daaroor sal nadink, sal ook weet dat vir al die begerenswaardighede van die materiële wêreld die tol altyd betaal sal moet word wat vereis word en dat hy wie hierdie tol betaal ook aan hom sal behoort. Hy sal ook weet dat daar geen kompromieë kan bestaan tussen My en hom nie, dat Ek julle geheel en al opeis en dat die mens wat nog met een oog na die wêreld van My teenstander loer, beswaarlik met My in kontak sal kom. Julle mag julleself nie gevange laat neem deur die wêreld nie, julle moet julleself kontroleer welke dinge nog vir julle begerenswaardig voorkom en dan moet julle die begeerte daarna ernstig onderdruk. Julle mag nie daaraan toegee nie, maar julle mag gerus geniet van dit wat Ek Self aan julle skenk. Julle mag julle verheug oor die goed wat julle ontvang sonder dat julle begerig daarna gestreef het, julle mag julle verheug oor dit wat My Liefde julle skenk, omdat julle van My is, - omdat julle julle lewensdoel ingesien het en nou bereid is om My te dien. Maar stel julleself daarmee tevrede en onderdruk elke begerigheid wat opduik en sien daarin altyd net ‘n lokval wat My teenstander vir julle wil opstel om julle vir hom terug te wen. Sonder innerlike stryd sal julle hom nie kan oorwin nie. As julle strewe egter op My gerig is, dan hoef julle nie meer te stry nie, want dan sal die wêreld julle nie meer lok nie. Dan sal julle verlange op die hemel gerig wees, dan het die materie die heerskappy oor julle verloor. Dan leer julle om haar te versmaad, sy moet julle dien omdat julle haar baas geword het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205