BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 427

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Slae van die noodlot - Geneesmiddele 6290 Die wonde wat Ek julle moet toedien indien Ek julle nie aan die ewige dood wil prysgee nie, is waarlik nie ‘n uiting van toorn of van liefdeloosheid nie. Dit is ook geen teken van regverdige straf vir julle misstappe nie, dit is slegs geneesmiddels om siektes, waaraan julleself skuldig is, weer van julle af weg te neem. Dit is nodig om julle siel weer gesond te laat word. Deur eie skuld het julle uit My ordening getree, want geluk en saligheid sou andersins julle lot gewees het. Glo My dat Ek baie eerder hemelse vreugde vir julle sou wou berei, maar dat julle dit egter vir My onmoontlik maak wanneer julle My ordening verlaat. Maar Ek sal egter alles probeer om julle weer na die Goddelike ordening terug te lei om julle weer onbegrens gelukkig te maak. Hoe meer nood en kommer, ellende en siekte op aarde te sien is, des te ernstiger is die oortredinge teen My ordening. En aan hierdie nood kan julle mense self sien op welke lae vlak julle beland het. Ek sou waarlik liewer die mense in saligheid sien as om ongemotiveerde sware plae oor hulle te laat kom om weer My ewige ordening herstel te kry. As iemand meen dat hy nie so ‘n groot sondaar is en dat so ‘n groot ongeluk wat hom getref het, nodig is, dan sê Ek vir julle dat julle mense nie die samehangende verband ken nie en ook nie die gevolge van julle ongeluk in sy volle omvang nie. Julle weet ook nie hoe die noodlot van ’n enkeling eweneens tot rypwording dien nie. Julle weet ook nie wat julle vóór julle beliggaming as mens vrywillig aangebied het om op julle te neem nie. Ek weet egter alles en Ek sal julle waarlik geen groter las oplê as wat julle kan dra nie. Bowendien bied Ek Myself as kruisdraer vir julle aan wanneer julle dink dat julle kruis te swaar geword het. Maar helaas doen julle nie dikwels ‘n beroep op My hulp nie en daarom kla julle oor die las en mor dikwels dat dit vir julle te swaar is. Liefde het julle eens beweeg om julleself vir My aan te bied om die las van ‘n kruis te dra. In julle aardse lewe weet julle egter nie waarom julle moet ly nie – maar julle moet vrywillig in My glo. Ek sê dit egter in die besonder aan julle wat deur julle wil aan My behoort. Ek wil egter hê dat julle ook sonder om die oorsaak te weet, stil en sonder klagte julle weg sal gaan, dat julle julle kruis toegewyd op julle sal neem. Ek wil hê dat julle julleself altyd onder My wil sal buig in die besef dat Hy, aan Wie julle julleself oorgee, ‘n God van liefde is en dat alles wat van Hom afkom, vir julle tot seën sal strek. Verset julle daarom nie teen julle lot nie, wat dit ookal mag bring. As julle aan My wil behoort, kla en mor nie, maar wees steeds seker daarvan dat dit vir julle tot heil sal dien, dat dit altyd slegs hulp beteken en die herstel van My ordening van ewigheid. Wees seker daarvan dat julle dit eenmaal sal insien en My dan dankbaar daarvoor sal wees dat Ek julle oor hierdie weg op aarde laat gaan het. Hierdie weg met sy laste, met sy beproewinge, maar ook met My Liefde, wat die rede is vir alles wat oor julle kom, omdat Ek net altyd wil hê dat julle salig sal word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205