BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 432

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die gemeenskap van Jesus Christus 6301 Dit is My Wil dat My kleine gemeenskap dig byeen sal bly, omdat die een 'n steun sal wees vir die ander, geestelik en aards. Almal moet hulleself om My Lewensbron skaar en hulle daaraan verkwik. Hulle moet die krag daaruit put, wat hulle des te meer nodig sal hê hoe nader die einde kom. En dat die einde in aantog is, sal elkeen weet en glo wat homself deur My lewenswater laat deurstroom, want hy sal dan dieper insien en sal daarom ook weet waarom dit na die einde toe gaan. Ek wil dat hierdie kennis aan vele mense gegee word. Ek wil hê dat hierdie lewensdrank vir elkeen aangebied sal word, aan almal wat julle weg sal kruis. En dan staan dit elkeen vry of hy by julle wil bly, of om homself weer af te wend van die bron - wat My Liefde vir julle almal ontsluit het. Deel die lewenswater wat uit My bron vloei aan almal uit. Versprei almal My Woord wat julle uit die hoogte toegestuur word en help om die kring te vergroot van hulle wat Ek deur My Woord krag kan laat toekom, omdat Ek weet dat almal die krag absoluut nodig sal hê in die komende tyd. Julle moet alles doen wat daar maar gedoen kan word om My evangelie (van die liefde) in die wêreld uit te dra. Ek sal elkeen daarvoor seën, want Ek alleen weet dat daar nog steeds siele gered kan word. Siele wat siek is, maar as hulle na die bron van genesing sal vlug, sal hulle ook deur die kosbare lewenswater gesond word. Julle almal wat My Woord regstreeks of deur My dienare op aarde ontvang, julle almal behoort aan My klein kudde wat deur My, julle Herder, behoed word. Julle almal behoort aan My kerk wat Ek gestig het toe Ek op aarde geleef het. Julle almal is My dissipels van die eindtyd wie Ek met die opdrag uitstuur om My evangelie aan die mense te verkondig. Weet dat Ek met elkeen van julle sal wees wat wil arbei vir My en My ryk. Weet dat Ek julle sal lei na hulle wat julle sal moet lawe met spys en drank. Weet dat elke een van julle wat My sy dienste aanbied, kan arbei in My wingerd. Maar weet ook dat Ek elkeen van julle nodig het, omdat daar nog veel werk verrig moet word tot aan die einde. En hierdie arbeid kan slegs verrig word deur mense wat bereid sal wees om My Wil uit te voer, wie dus instruksies van Myself sal aanneem. Glo ook dat Ek weet wat dienstig is vir die dwalende siele, sodat dit lig in hulle sal word en dat Ek altyd vir julle die middele daartoe ter hande sal stel, wat ‘n suksesvolle uitwerking op hulle sal hê. Glo dat Ek ook altyd deur julle die korrekte Woorde tot hulle sal spreek, sodat julle slegs My Woord sal bring dat Ek die mense direk kan aanspreek. En My Woorde sal waarlik nie hul uitwerking mis - waar Ek nog ‘n moontlikheid sien dat die mens nog gered kan word nie. Werk tesame in verenigde kragte en wees seker daarvan dat Ek ook in julle midde sal vertoef. Dat Ek die mense Self sal uitnooi om na die Bron van Liefde te kom, om hulleself daar te laat lawe en verkwik. Wees verseker daarvan dat Ek elke diens vir My en My ryk sal seën, geestelik en aards. Werk daarom nog ywerig in My wingerd, want die tyd van die einde het nou gekom, waarin Ek baie maaiers nodig sal hê wat ywerig besig moet wees, omdat daar nie meer veel tyd oorbly vóór einde nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205