BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 434

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die eenwording van die siel met die gees 6306 Wanneer die siel van die mens haarself verenig met haar gees, wanneer sy dus die leiding aan hom oorlaat, kan die mens sy doel nie meer mis nie en al sy denke, wil en handel sal nou korrek gerig wees. Maar wanneer verenig die siel haarself met haar gees? Dit is die oomblik waarop die mens uit die mees innerlike oortuiging leer om te glo in 'n God en Skepper, wie se skepsel hy self is en wanneer hy die begeerte het om met hierdie herkende God in verbinding te tree, wanneer sy gedagtes op Hom gerig is en hy innerlike begeer om met Hom 'n verhouding aan te gaan wat vir God welgevallig is, wanneer hy homself positief instel teenoor God. Dan word hy gegryp deur die goddelike in homself. Die gees wat in homself sluimer, bestuur hom vanaf daardie oomblik en hy sal homself innerlik gedrewe voel om so te lewe soos wat dit God se wil is. Hy sal die liefde in hom laat ontvlam, omdat dit reeds die werksaamheid van die gees in die mens is en omdat die gees homself ook nou merkbaar kan uiter, deurdat die mens deur sy lewenswandel in liefde hom die reg daartoe gegee het. Die werksaamheid in liefde is dus in die eerste plek 'n teken van 'n gees wat tot lewe gewek is. Want hiervandaan bepaal die gees die siel - naamlik die denke, gevoel en wil van die mens - en van 'n mens wat in liefde werksaam is, kan ’n mens wel sê dat sy siel haarself verenig het met die gees. En dan leef die mens langs sy aardse lewe ook 'n geestelike lewe. Dan sal hy sy gedagtes nie net met die wêreld en aardse sake besighou nie, maar hy sal dikwels in gedagtes vertoef in daardie ryk waar hy God soek. Hy sal homself met vrae besighou wat buite die aardse kennisvlak lê en hy sal hierdie vrae nou as te ware stel aan die gees wat in hom werk, wat hom ook sal beantwoord, ofskoon die mens dink dat hy hierdie gedagtes self gevorm het. Die begeerte om in die korrekte verhouding tot God te staan, het onherroeplik die vereniging van sy siel met die gees tot gevolg en hierdie verlange sal beslis vir hom in vervulling gaan. Want dit is 'n geestelike versoek wat die mens na die Skepper van die heelal stuur, wat gehoor word en waaraan altyd gevolg gegee word, omdat dit immers die lewensdoel van die mens is, naamlik om die korrekte verhouding met Hom aan te gaan. Maar dan neem die gees die leiding van die mens heeltemal oor en dan sal hy ook verseker sy doel bereik. Die goddelike in die mens sal homself steeds uiter wanneer sy gedagtes die weg tot God ernstig opneem, want dan werk God ook Self aan hom deur Sy Gees en elke gedagte wat op Hom gerig is, sal een tree omhoog wees. En indien hierdie gedagte bewustelik gevolg word, deurdat die mens ’n gebed stuur na sy God en Skepper van ewigheid, dan sal God Homself ook spoedig as Vader aan hom openbaar, want gebed is die brug wat 'n verbinding van die mens met God tot stand bring . Maar dan is die mens onder die beste beskerming, want die wesenlike Godheid gryp hom vas en werk deur die gees op die mens in, sodat hierdie die kloof tussen hom en God steeds kleiner word. Want die gees stuur nou onophoudelik op die Vader af en die begeerte in die mens om nader aan God te kom sal steeds groter word, totdat hy vervulling vind in die algehele aaneensluiting met Hom deur die liefde, wat nou die wese van die mens vervul, omdat die ewige Liefde Self in hom werksaam is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205