BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 435

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Nie-benutting van die lewe - kerklike Christene 6309 Daar moet regstreeks op die mense ingewerk word, want aan die lot van die medemens skenk hulle geen aandag nie en hulle bly ongevoelig daarvoor en hulle maak dus ook geen gevolgtrekkings wat hulle in hulle weg deur die lewe gunstig sou kan beïnvloed nie. Die onverskilligheid van die mense is heelwat erger as ‘n bot afwysing, want so-iets kom voort uit onwetendheid en kan altyd nog ‘n verandering van gesindheid tot gevolg hê, terwyl ’n mens op ‘n onverskillige nêrens ‘n greep kan kry nie en hy daarom reddeloos verlore gaan, indien hy nie wakker geskud kan word uit sy onverskilligheid nie, wat steeds ‘n in die noute bring van sy eie lewe sal verg. Ondanks ‘n kerklike geloof en skynbare religieuse lewe, kan die mense hulleself in ‘n geestelike leegte bevind, omdat hulle siele op geen enkele manier daaraan deelneem nie, omdat slegs suiwer meganiese eise vervul word en ‘n geestelike ingesteldheid daarvoor heeltemal ontbreek. Hierdie mense sal uiterlik tot die “regverdiges” gereken word, tot die “gelowiges”. Maar hulle is steeds net kerklike Christene, by wie hulle Christenskap slegs ‘n wêreldlike aangeleentheid is, net soos by al die ander. Om hulle op hoogte te bring dat die Gees by hulle ontbreek, sal sonder resultaat wees, want hulle het ‘n te hoë dunk van hulself en sal sulke onderrig nie aanneem nie, maar beroep hulle steeds op die vervulling van dit wat van deur die kerk van hulle geëis word. En tog is hulle lewe nutteloos, wanneer dit geen blyke van liefde laat sien nie. En hierdie mense moet dikwels hardhandig aangepak word, sodat hulle kan ontwaak uit hul sieleslaap, sodat hulle hulself kan besin en hulself afvra wat wel die rede vir sulke slae van die noodlot kon wees. Hulle moet self getref word, eers dan is dit moontlik dat hulle hulself ernstig met geestelike vrae sal besighou en dan was die slae van die noodlot seënryk gewees. Sodra die mens gewillig is om in liefde te leef, sal die lot van die medemens hom ook ontroer en dan kan hy geestelike voordeel put uit alles wat hy om homself heen sal meemaak. Maar die mense het ‘n verharde gemoed, want die liefde het verkoel. En al is hul ongeluk hoe groot, bring dit geen warm gevoel vir die medemens teweeg nie en nog veel minder spoor dit hulle aan om na te dink oor die rede, of tot verandering van hul lewenswandel nie. Die mense verkeer in gevaar weens hulle onverskilligheid, want alle hulpmiddele sal sonder sukses bly, solank as wat dit geen indruk op hulle sal maak nie. En daarom moet daar steeds swaarder slae oor die mensdom kom en die nood sal nie verminder word nie, omdat slegs dit as wekroep tot ontwaking gehoor sal word en slegs dit ‘n verandering van die gesindheid tot stand sal kan bring. Want alles sal nog probeer word wat sou kan dien om die siele te red. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205