BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 438

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verskynsel in die kosmos 6313 Baie spoedig sal julle julleself kan vergewis dat daar iets in die kosmos voorberei word, want ongewone verskynsels, waarvan julle vir julleself geen voorstelling kan maak nie, sal julle verontrus. Vele gissings sal opduik en baie menings versus teenoorgestelde menings sal ontstaan. Maar slegs die mening van hulle wat ‘n verbinding vermoed tussen wat aangekondig is in woord en geskrif en wat te alle tye deur profete en sieners aan die mense verkondig is, sal volgens die waarheid wees. Wie alles met geestelike oë sal beskou, sal ook al hierdie verskynsels vir homself kan verklaar. Want alles het ‘n geestelike betekenis en moet dus ook ‘n geestelike doel vervul, naamlik om die mense opmerksaam te maak op hulle eintlike lewensdoel, sodat hulle hulself kan voorberei op die komende oordeel. En ook sal die wetenskap hiertoe bydra, want hulle sal die veranderinge in die natuur eers konstateer en die verskynings en ongewone voorvalle in die kosmos sal hulle self agterdogtig maak. En dit sal belangrike verskynsels wees waarvoor hulle geen verklaring sal hê nie. Hulle sal dit weliswaar sien gebeur en ontsteld bystaan, maar sal nie bereid wees om enige korrekte verklaring te aanvaar nie, naamlik dit, dat die aarde tot in haar fondamente geskud word, want hierdie verskynsels sal dien daartoe. Maar hulle sal dit nie wil glo nie en sal dit ook steeds teenspreek, as hulle gewys word op die Skrif en op die voorspellings. Selfs dan sal hulle dit nie glo nie, wanneer hulle die opvattinge van die gelowiges verneem of wanneer die verkondigers van My woord hulle sal wys op die komende einde. En daarom sal dit uiters moeilik wees om die wêreldse mense in ‘n ingryping van My af te laat glo, omdat steeds probeer sal word om alles suiwer wetenskaplik te verklaar. Slegs weiniges sal ag slaan op hierdie ongewone verskynsels en dit sal daarom steeds sekerder wys op die einde. Maar hulle vermanende en waarskuwende woorde sal Ek so duidelik ondersteun, dat die geleerdes ook spoedig vol sorg hulle onkunde sal moet toegee. Want hulle sal ‘n ster ontdek wat stadig naderkom na die aarde, wat skynbaar ‘n baan sal neem wat in stryd sal wees met die wette van die natuur. En hulle sal steeds meer opmerksaam word op die eienaardighede van die ster wanneer hulle sy baan volg. Hulle sal glo dat hy ‘n gevaar sal wees vir die aarde, maar sal tog nie aan die vernietiging daarvan wil glo nie, omdat so-iets nog nooit tevore meegemaak was nie. Ek sal dit egter toelaat, omdat My verlossingsplan van die ewigheid af iets ongewoon vereis, wat die mense nog tot heil sal strek, want dit sal ‘n voorteken wees van die aanstaande einde en vir die spoedige daaropvolgende vernietigingswerk, wat hierdie verlossingstydperk sal beëindig. En hoe nader die einde kom, des te meer onnatuurlike verskynsels sal die mense belewe. Hulle moet ontsteld staan en die ooreenkoms opmerk met, wat van die kant van die gelowiges voorspel word as woord van God en deur sieners en profete as waarheid bely word. En My Gees sal ook nou weer deur My bodes op aarde oor die aanstaande einde spreek, en deur My donderende stem wat eers nog luid sal weerklink. Mense, merk tog op en sien in dat alles wat gebeur, maar net verwys na die einde wat Ek vir julle almal gee, sodat julle nie die verderf ten prooi sal val nie. Want alles wat gaan geskied, sal so geweldig wees dat dit julle sekerlik sou kan oortuig as julle van goeie wil sou wees, want die tyd is vervul en die einde is naby. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205