BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 440

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Hernude gevangenskap 6317 Wat met julle mense sal gebeur indien julle julleself nie gaan verander nie, kan nie swart genoeg aan julle beskryf word nie, want dit sal julle ergste verbeelding oorskry. Dit sal vir julle mense so verskriklik wees, want julle sal julle reeds bereikte graad van vryheid weereens moet opgee, omdat julle opnuut gekluister sal word en julle julleself weer vir eindelose tye weer in gevangenskap sal bevind, totdat julle eendag weer dieselfde lot as nou ten deel sal val sodat julle weer as mens oor die aarde kan gaan. Maar ongeag hoe skokkend julle lot aan julle beskryf word, laat julle nie toe dat julle daardeur geraak word nie. En tog sal julle nog steeds in staat wees om hierdie lot te vermy, indien julle My Woorde net ter harte sal neem en julleself sal verander. Want Ek verlang slegs die verandering van julle wese. Ek verlang slegs dat julle mense julle gesindheid onder mekaar sal verander, dat julle mekaar eerder sal help as om mekaar te bestry en vyandig te bejeën, eerder dat die een die ander gelukkig sal maak en liefde sal gee, in plaas van om mekaar wedersyds kwaad aan te doen en die haat in julle te versterk. Ek verlang slegs dat elkeen homself sal besighou met onbaatsugtige naasteliefde. Dan sal sy hele wese verander en dan tree die mens in verbinding met My Self, en die gevaar van 'n hernude kluistering aan die einde van hierdie aarde sal vir hom gewyk het. En selfs as julle nie wil glo wat vir julle te wagte staan nie, moet julle nogtans probeer om julleself te verander, want ook in aardse opsig sal 'n lewenswandel in liefde al ‘n gunstige uitwerking vir julle hê. En julle lewe op aarde sal dan veel makliker wees, omdat julle dan oor ’n krag sal beskik wat by liefdeloos denkende en handelende mense ontbreek. Steeds weer kan wat julle te wagte staan, as ’n ontsettende belewenis vir julle voorgestel word, waaraan julle self ten prooi kan val. En steeds moet julle tot liefdeswerke aangespoor word, indien julle hierdie verskriklike lot wil ontgaan. As julle dit moeilik vind om te glo, dan sal julle in elk geval tog ’n lewe van liefde kan lei. En dit wat julle nie wou glo nie, sal dan spoedig vir julle tot sekerheid word, omdat julle gees dan verlig sal wees deur die liefde. En julle sal dan duidelik die onvermydelike gevolge van die oortreding teen die wetlike orde insien, omdat julle in staat sal wees om oorsaak en gevolg van alle gebeure en alle belewenisse te kan nagaan. Maar wie onverskillig sal bly staan teenoor hierdie vermanings en waarskuwings, sal ondervind wat hy kon vermy het, want hy sal self die slagoffer van sy eie liefdelose lewenswandel word. Want alle krag sal hom ontneem word en al die kragtelose substansie sal sy siel weer verhard. Die hardste materie sal sy wese weer omhul en vrylating daaruit sal oneindige lang tye neem om uiteindelik weer op dieselfde vlak te kom waar hy homself nou bevind. 'n Oneindige kringloop sal homself herhaal, totdat hy homself daaruit bevry het deur ’n bewustelike afstuur op My en deurdat hy homself bewustelik by My sal aansluit. Eers dan sal die proses deur die materie volbring wees en die weg na die geesteryk vir hom gewaarborg wees. Julle kan dit nou al bereik, as julle maar net wil doen wat My wil is, naamlik dat julle julleself van alle kettings sal losmaak deur werke van liefde, dat julle in My sal glo en verbinding met My sal soek en dat julle hierdie kontak juis tot stand sal bring deur werke van liefde. Julle is in staat om dit te doen, terwyl julle julleself nog op aarde bevind en die lewenskrag nog vir julle tot beskikking staan, maar julle het baie min tyd daarvoor oor. Benut die tyd goed en glo My Woorde. Glo dat 'n ontsettende lot op julle wag, en vermy hierdie lot bewustelik, sodat julle julleself kan inspan om reg en regverdig te leef en onbaatsugtige naasteliefde te beoefen. Dit is 'n dringende waarskuwing wat Ek met 'n liefde vervulde hart aan julle rig: Bekeer julle voordat dit te laat is. Dink aan My en dink aan julle naaste in liefde, sodat julle kan vry word en die komende nie hoef te vrees nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205