BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 443

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geïsoleerdheid van die hemelliggame 6323 Ontsaglike afstande lê tussen die skeppings wat julle mense as hemelliggame aan die uitspansel aanskou. Afstande wat nie deur julle geskat kan word nie en daarom ook nie te oorwin is nie, omdat elke afsonderlike hemelliggaam self ‘n wêreld op sy eie is en hierdie wêrelde hermeties van mekaar afgesluit is in soverre dat hulle heeltemal verskillende lewensfere besit, steeds in ooreenstemming met die aard van die hemelliggaam en ook met sy bewoners. Julle mense mag nie glo dat My skeppende Gees nie veelsydig genoeg sou kon skep en voortbring nie - julle mag nie glo dat julle julle lewensvoorwaardes op ander hemelliggame ook net so sal vind soos op die aarde wat julle bewoon nie - en julle mag nog veel minder glo dat die hemelliggame julle dieselfde lewensmoontlikhede sou bied wat vir julle bestaan noodsaaklik is, in geval julle ooit in die gebied van so 'n hemelliggaam sou beland. Dit sal egter ‘n vergeefse onderneming wees, want julle sal nooit slaag om ook maar 'n enkele verbinding met ander hemelliggame aan te knoop nie, tensy dit op ‘n suiwer geestelike manier sal geskied, want dit kan plaasvind deur die stuur van gedagtes, wat vir julle egter altyd tot 'n geestelike vooruitgang sal dien, maar egter nooit op ’n manier wat betrekking sal hê op dit wat deur julle menslike beplande inligting bekom is nie. Julle mense kan weliswaar groot bekwaamhede ontwikkel, julle kan skeppend en vormend besig wees op aarde. Julle kan die kragte van die natuur deurgrond en dit vir julle op elke manier nuttig maak. Julle kan op grond van julle verstand diep in natuurwette binnedring en nou met al julle insigte na vore kom, maar julle arbeidsveld is en sal altyd net die aarde bly. En as julle nou al julle verstandelike insigte probeer gebruik tot heil van julle medemens, dan sal My seën julle werk ook ondersteun, want dan word aan My wet van die ordening voldoen. Julle moet egter ook in hierdie ordening bly, julle moet die wette wat Ek Self uitgevaardig het, in ag neem en wat in alle skeppingswerke duidelik te siene is. En daartoe behoort ook die ontsaglike afstand van die hemelliggame vanaf julle aarde, daartoe behoort die geïsoleerd wees van elke aparte hemelliggaam van die ander, wat afgesluit word deur die lugleë ruimte, wat deur die stratosfeer gekenmerk word, wat dit onmoontlik maak vir ‘n mens om ‘n verblyfplek in hierdie ruimte te hê en wat julle daarom duidelik moes laat insien dat Ek julle Self afgesonder het. Want al glo julle ook om sulke “hindernisse” te kan oorwin, sal julle mense deur sulke pogings skipbreuk ly, julle sal ten gronde gaan as julle julleself in gebiede waag wat deur My vir julle afgesluit is. Julle bewys maar net daarmee dat julle baie arrogant van inbors is om te glo dat julle goddelike natuurwette ongeldig kan maak, - julle bewys dat julle nóg hierdie wette, nóg die Wetgewer erken en julle bewys dat julle mense ryp is vir ‘n totale verandering van hierdie aarde, omdat die vernaamste insig by julle ontbreek, naamlik dat daar Een bo julle staan, Wie die laaste Woord spreek en dat julle hierdie Een nie moet onderskat nie, aangesien julle andersins nie iets sou onderneem het wat nie aan julle as bewoners van hierdie aarde toegestaan is nie, naamlik om ander hemelliggame, wat vir julle heeltemal onbereikbaar is en sal bly, tot die doel van julle ondersoek te maak nie. Elke hemelliggaam dien die geestelike wesens om hulself te voltooi en die grade van rypheid van hierdie wesens is so verskillend, dat hulle almal ander skeppings nodig het. Skeppinge waarin julle mense nie kan bestaan nie en daarom kan daar ook nooit ‘n verbinding tussen hierdie wêrelde bestaan nie. My skeppende Gees en My skeppende Wil het waarlik niks sonder wysheid laat ontstaan nie, maar julle mense sal nooit kan deurgrond wat buite julle aardse sfeer bestaan nie as slegs dit, naamlik dat die bestaan van ontelbare sterre en wêrelde vir julle as ‘n vaste feit te staan kom, omdat die aanblik julle nie tot nadeel van julle siele sal strek nie, - alle vêrdere kennis kan egter slegs geestelik vir julle ontsluit word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205